Rug­by­reeks trek ’n nu­we baad­jie aan

Kom­pe­ti­sie kan uit­brei dank­sy ‘su­per­borg’

Beeld - - Front Page - Han­nes Nie­na­ber

Die groot­ste en oud­ste sko­le­rug­by­kom­pe­ti­sie in die land be­tree van­jaar ’n nu­we era.

Die Beeld-Noord­vaal-tro­fee sal voort­aan as die Vir­se­kerBeeld­tro­fee be­kend staan.

Van­jaar se reeks is gis­ter op ’n spog­ge­leent­heid op die Bron­berg-land­goed in Wei­veld net bui­te P­re­to­ria be­kend ge­stel.

Die ver­se­ke­rings­maat­skap­py Vir­se­ker is die nu­we hoof­borg van die kom­pe­ti­sie na­dat Beeld 21 jaar lank die hoof­borg was.

Beeld is steeds die ge­sa­ment­li­ke ti­tel­borg en ook die me­di­a­ven­noot van die kom­pe­ti­sie.

“Suid-A­fri­ka is ’n goud­myn van rug­by­ta­lent van wê­reld- ge­hal­te. Ons weet dat die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee nie net sal help met die ont­gin­ning, slyp en ten­toon­stel­ling van hier­die ta­lent nie, maar ook met die ver­de­re groei van ’n pas­sie­vol­le en trot­se A­fri­kaan­se rug­by­kul­tuur,” het Da­wid Bo­tha, be­mar­kings­hoof van Vir­se­ker, ge­sê.

Daar word al se­dert 1920 om die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee, voor­heen be­kend as die Beel­dNoord­vaal-tro­fee, Beeld­tro­fee,

Suid­A­fri­ka is ’n goud­myn van rug­by­ta­lent van wê­reld­ge­hal­te. Die reeks sal help met die ont­gin­ning en slyp van dié ta­lent.

Ad­mi­nis­tra­teurs­be­ker en die Di­rek­teur­stro­fee, mee­ge­ding. Beeld is se­dert 1995 die ti­tel- borg van die kom­pe­ti­sie.

“Dit was vir Beeld nog al­tyd be­lang­rik om deel van die kom- pe­ti­sie te wees.

“Ons moes ’n be­sluit neem of dit nie dalk tyd was om ’n su­per­borg aan boord te kry wat kan help om die kom­pe­ti­sie nog ver­der uit te brei nie,” het Bar­nard Beuk­man, re­dak­teur van Beeld, ge­sê.

Meer as 180 sko­le in Gau­teng, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po en Noord­wes neem aan van­jaar se reeks deel.

On­ge­veer 800 sko­le­span­ne neem van­jaar aan die kom­pe­ti­sie deel.

Daar is vyf af­de­lings in die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee.

As ’n skool 175 seuns of min­der het, sal hy in die af­de­ling vir klein sko­le speel.

Sko­le met tus­sen 176 en 350 seuns sal as me­di­um­groot­te sko­le mee­ding.

Dié met seuns­ge­tal­le van tus­sen 351 en 599 sal hul slag in die af­de­ling vir groot sko­le wys, ter­wyl sko­le met 600 of meer seuns as ma­kro sko­le ge­klas­si­fi­seer sal word.

Daar is ook ’n mid­del­skool-af­de­ling waar­in sko­le speel wat meer seuns het as wat die re­ëls voor­skryf vir klein sko­le, maar nie ge­noeg seuns het wat rug­by speel nie.

Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oe­ne van die on­der­skeie af­de­lings is die Ho­ër­skool Gars­fon­tein (ma­kro sko­le), Help­me­kaar Kol­le­ge (groot sko­le), Ben Vil­joen van Gro­blers­dal (me­di­um sko­le), die Ho­ër­skool Pre­si­dent (mid­del­sko­le) en Chris­ti­a­na (klein sko­le).

Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Le­de van die Ho­ër­skool Gars­fon­tein se eer­ste­rug­by­span ont­hul gis­ter die Beeld­tro­fee se nu­we lo­go.

Naas Bo­tha by die be­kend­stel­ling van van­jaar se Vir­se­ker­Beeld­tro­fee by ’n spog­ge­leent­heid op die Bron­berg­land­goed net bui­te P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.