Naas spot oor sy 5 ID’s, vra kol­lek­te

Beeld - - Front Page - – Han­nes Nie­na­ber

Ta­lent in Suid­A­fri­kaan­se rug­by word al op skool­vlak ge­smoor, meen die le­gen­da­rie­se Bok­los­ska­kel Naas Bo­tha.

“Is dit nie mis­kien tyd dat ons af­rig­ters die kin­ders wat ta­lent het, laat speel en die spel­pa­troon so ’n bie­tjie weg­pak nie?”

Bo­tha was een van die gas­spre­kers by die be­kend­stel­ling van die Vir­se­ker­Beeld­tro­fee gis­ter op die Bron­berg­land­goed net bui­te P­re­to­ria.

Hy was die na­week in die nuus om­dat Ned­bank aan­soek ge­doen het om hom te laat se­kwe­streer.

Hy het glo ook vyf ver­skil­len­de ID­nom­mers. By die be­kend­stel­ling was daar ’n ge­skerts oor wat­ter van die vyf Bothas op­ge­daag het. Die “vrien­de­li­ke” een, het Bo­tha ge­sê en by­ge­voeg hy het ge­re­ël dat kol­lek­te­bord­jies ná sy toe­spraak om­ge­stuur word.

Hy het ver­wys na die wed­stryd die na­week waar­in G­rey­kol­le­ge van Bloem­fon­tein die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool van P­re­to­ria met 53­29 ge­klop het.

“Die ge­hal­te van die rug­by wat ge­speel is en die vaar­dig­he­de wat die spe­lers ge­wys het, is net on­ge­loof­lik.”

Bo­tha het aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge aan toe hy in die 1970’s as leer­ling aan die Ho­ër­skool Hen­drik Ver­woerd deel­ge­neem het aan die Ad­mi­nis­tra­teurs­be­ker­kom­pe­ti­sie, soos die kom­pe­ti­sie toe ge­heet het.

Om spe­lers te “koop” is nie ’n nu­we ding nie, het hy ge­sê. Hy het ge­sê hy is ge­na­der om Af­fies toe te kom.

Bo­tha se skop­skoen was die groot­ste re­de hoe­kom Hen­drik Ver­woerd Af­fies in 1975 uit die kom­pe­ti­sie ge­ska­kel het.

Hy meen die klag­te dat die wen­mo­tief in kom­pe­ti­sie­rug­by te groot is, is on­ge­grond.

“Jy daag el­ke Sa­ter­dag op om ie­mand te klop, of jy aan ’n kom­pe­ti­sie deel­neem of nie. As jy nie op­daag om ie­mand te klop nie, kan jy maar by die huis bly.

“Die kom­pe­ti­sie sou nie al so lank oor­leef het as dit nie goed was nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.