Fa­mi­lie bly oor een, kwaad oor an­der

Moord: Ma en dog­ter kry borg­tog

Beeld - - Front Page - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

“Sy moes nie uit­ge­kom het nie.”

So sê A­ni­ta Brits (25) oor haar sus­ter, Cathy van Oudts­hoorn (29), die Brak­pan­se vrou wat saam met haar ma te­reg­staan in ver­band met die moord op ’n man met wie al­bei in ver­skil­len­de sta­di­ums ge­troud was.

Brits en haar on­mid­del­li­ke fa­mi­lie­le­de is wel baie ver­lig dat hul ma, Jo­ri­na van Nie­kerk (55), borg­tog ge­kry het.

Van Oudts­hoorn en Van Nie­kerk is gis­ter in die Brak­pan­se land­dros­hof op borg­tog van on­der­skei­de­lik R10 000 en R5 000 vry­ge­laat.

“Ek glo my ma is on­skul­dig. Ons wou nie ge­had het Cathy moet uit­kom nie,” het Brits ge­sê.

Cathy en Van Nie­kerk word be­skul­dig van die moord op Chris van Oudts­hoorn (58).

Chris was ten ty­de van die moord met Cathy ge­troud en vroe­ër met Van Nie­kerk.

Cathy is Chris en Van Nie­kerk se aan­ge­no­me dog­ter.

Van Nie­kerk, wat in Pot­chef­stroom saam met haar nu­we man woon, het ten ty­de van die moord by Cathy en Chris va­kan­sie ge­hou.

Cathy staan te­reg op aan­klag­te van moord, die be­sit van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie, so­wel as regs­ver­y­de­ling.

Van Nie­kerk word aan­ge­kla van sa­me­swe­ring tot moord en regs­ver­y­de­ling.

Die staat was sterk ge­kant teen borg­tog, maar vol­gens land­dros B.P. Ma­re­di het al­bei vroue be­wys dat bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de be­staan en dat hul­le nie ’n vlug­ri­si­ko is nie.

Ma­re­di het ge­sê Cathy het ba­tes van R5 mil­joen in Brak­pan.

Sy het ook aan­ge­dui dat Van Nie­kerk slegs deur ’n be­weer­de be­ken­te­nis van Cathy by die mis­daad be­trek word.

Die vroue moet el­ke Maan­dag en Vry­dag by die Brak­pan- po­li­sie­kan­toor aan­meld.

’n Fa­mi­lie­lid van die oor­le­de­ne, wat a­no­niem wil bly, sê Chris se fa­mi­lie wou nie hê dat één van die twee vroue borg­tog kry nie.

“Dit het klaar skeu­ring in die fa­mi­lie ver­oor­saak. Hul­le sou nie borg­tog ge­kry het nie as bui­te­stan­ders nie in­ge­meng het nie. Ge­reg­tig­heid sal nog ge­skied.”

Die “bui­te­stan­ders” is ’n klaar­blyk­li­ke ver­wy­sing na vrien­de van Van Nie­kerk wat geld by­ge­dra het vir haar regs­kos­te.

Chris se lyk is op 11 A­pril in sy sit­ka­mer ge­vind. Die staat voer aan dat die twee be­skul­dig­des die to­neel soos ’n huis­roof­tog wou laat lyk het.

Die saak is tot 30 Ju­nie uit­ge­stel vir ver­de­re on­der­soek.

Fo­to’s: CORNÉL VAN HEER­DEN

Jo­ri­na van Nie­kerk (links) en Cathy van Oudts­hoorn ver­laat die land­dros­hof na­dat hul­le op borg­tog vry­ge­laat is.

A­ni­ta Brits

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.