Ge­lief­de skry­wer ver­moor

Haar man t­ref lyk in kom­buis aan

Beeld - - Front Page - Ver­slag­span – Ver­slag­span: Li­se Bey­ers en Ma­ry­ke Swart van Paarl Post, Jo Prins, Han­ti Ot­to en Mal­her­be Nie­na­ber

Die skry­wer Win­nie Rust (77) is gis­ter­mid­dag in haar huis in Wel­ling­ton ver­moor.

Haar man, dr. Ma­nie Rust (87), het haar dood op die kom­buis­vloer van hul huis in Uit­sig aan­ge­tref na­dat hy om­streeks 15:30 wak­ker ge­word het van die hek­klok­kie wat lui. Hy het op­ge­staan om te kyk wie by die hek is en toe op haar lyk af­ge­kom.

Sy het be­se­rings aan die ge­sig ge­had en haar han­de en voe­te was vas­ge­bind.

’n Kers en bos blom­me het gis­ter­aand voor die in­gang van hul huis ge­lê, wat met po­li­sie­lint af­ge­sper is.

Die po­li­sie was teen 21:00 nog be­dry­wig op die to­neel. Lt. Ba­sil See­koei, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê geen ver­dag­tes is nog ge­ï­den­ti­fi­seer nie.

Rust, ’n be­min­de Wel­ling­ton­ner, woon al die af­ge­lo­pe 60 jaar in die dorp.

“Dis ont­sag­lik erg. Wel­ling­ton ween,” het Theo Kemp, be­stuur­der van die B­rey­ten­bach-sen­trum in Wel­ling­ton, ge­sê.

“Win­nie en Ma­nie het ’n on­mis­ba­re rol ge­speel om die sen­trum des­tyds tot stand te bring. Hul­le was ook be­trok­ke by ’n klomp pro­jek­te ter be­vor­de­ring van die dorp en sy men­se.”

Die skry­wer B­rey­ten B­rey­ten­bach het ook sy me­de­lye be­tuig.

“Win­nie Rust was ie­mand wat ’n mens in die bes­te sin as lan­de­li­ke a­del sou kon be­skryf. Sy was ’n mooi en be­gaaf­de vrou – dog­ter van C.P. van der Mer­we, wat die hoof was van die Wel­ling­ton­se O­plei­dings­kol­le­ge, broers­kind van Boer­neef, skryf­ster in haar eie reg, be­trok­ke by die ge­meen­skap op so baie ma­nie­re.

“Ek ont­hou haar as ’n e­le­gan­te en in­tel­li­gen­te mens wat al­les feil ge­had het vir haar naas­tes en haar dorps­ge­no­te. ’n Mens se hart gaan in al­le me­de­lye uit na dr. Ma­nie. Hul­le was on­af­skeid­baar.”

Mar­ga S­tof­fer, uit­ge­wers­be­stuur­der van NB Uit­ge­wers, het ge­sê hul­le is ge­skok en ver­slae oor die nuus. “Ons har­te gaan uit na haar man, fa­mi­lie en die ge­meen­skap van Wel­ling­ton.”

Haar boe­ke sluit in Mar­gie van die Se­mi­na­ry en an­der ver­ha­le, Mar­tha: ’n Ver­haal oor Mar­tha So­lo­mons, Coun­tess of S­tam­ford, en Trek.

Mar­tha het die kort­lys vir die Jan Ra­bie-Rap­port­prys in 2005 ge­haal.

) A­let­ta en Fran­cois T­heron, huis­vrien­de van Rust, het Ma­nie gis­ter­aand on­der hul vlerk ge­neem.

“Dit is ’n baie sleg­te tyd. Ons kan nie nou praat nie. Haar man, ons, gaan deur ’n baie moei­li­ke tyd,” het A­let­ta ge­sê.

) Drie jaar ge­le­de, op 8 Mei 2013, is die eg­paar Daan en Er­ka Rous­seau ook in hul huis in Uit­sig ver­moor.

Tien jaar ge­le­de, op 7 Fe­bru­a­rie 2005, is dr. Lisbé S­mut­sS­mith, ook ’n be­ken­de in li­te­rê­re krin­ge, ver­moor in Burg­straat, nie ver van die jong­ste voor­val nie.

Vol­gens in­wo­ners gaan die ge­bied ge­buk on­der in­bra­ke.

Die moord­huis.

Win­nie Rust

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.