’n Lands­vlag op el­ke skool­hemp?

Beeld - - Front Page -

’n Voor­stel van Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys in Gau­teng, dat die lands­vlag op al­le skool­u­ni­forms moet ver­skyn, gaan ou­ers net meer geld uit die sak jaag, meen die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as).

“Dit gaan niks by­dra tot die ge­hal­te van on­der­wys nie. Daar is be­ter ma­nie­re om trots te kweek,” het dr. Jaco De­a­con, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van Fed­s­as, gis­ter ge­sê.

Ou­pa Bo­di­be, Le­su­fi se woord­voer­der, het ge­sê die LUR meen sy voor­stel sal die na­si­o­na­le sim­bo­le on­der­steun.

Le­su­fi het gis­ter op SAfm weer uit­ge­vaar teen sko­le wat “teen trans­for­ma­sie ba­klei” en ge­sê dis on­aan­vaar­baar dat die e­nig­ste swart men­se by par­ty sko­le die tui­nier en tee­ma­ker is. “Sko­le moet ver­teen­woor­di­gend wees van wie ons as ’n land is.”

Hy het ook ’n ul­ti­ma­tum ge­stel aan sko­le met “a­part­heids­na­me”. “Ons gee sko­le tot 30 Sep­tem­ber kans om dit te ver­an­der. Sko­le moet ons nie her­in­ner aan Hen­drik Ver­woerd nie. 60% van ons land is seer­ge­maak (deur a­part­heid), waar­om hul­le her­in­ner?”

)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.