Man slaan land­dros se rui­te stuk­kend

‘Kyk waar jy ry, k****!’

Beeld - - Front Page - Le­an­ne Ge­or­ge

’n Jong man wat glo ’n land­dros se mo­tor met ’n ha­mer toe­ge­ta­kel en hom die k-woord toe­ge­snou het, het gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord ver­skyn.

Gert Ver­maak (21) is eer­gis­ter in die Si­no­vil­le-om­ge­wing in heg­te­nis ge­neem na­dat hy land­dros Mphafolane Koma van die land­dros­hof in Rand­burg se mo­tor­rui­te na be­we­ring Maan­dag om­streeks 16:30 stuk­kend ge­slaan en ras­sis­tie­se aan­mer­kings ge­skree het.

Maj. Mack Mn­go­me­zu­lu, po­li­sie­woord­voer­der, sê die hof­ver­rig­tin­ge is vir se­we dae uit­ge­stel en die man bly in aan­hou­ding. Hy sal vol­gen­de week om borg­tog aan­soek doen.

Koma het aan Beeld ge­sê die voor­val het na­by die Mon­ta­na­hos­pi­taal in die noor­de van P­re­to­ria plaas­ge­vind.

Koma was in sy BMW na die N4-hoof­weg op pad en het by ’n stop­te­ken in Dr. S­wa­ne­poel­weg stil­ge­hou.

“Dit was my beurt om te ry, maar die man het nie stil­ge­hou nie en ver­by my ge­jaag,” sê Koma.

“Hy het ’n U-draai ge­maak, stil­ge­hou en die pad voor my ver­sper. Toe spring hy uit en skree: ‘Jy, k*****, jy moet kyk!’ ”

Voor­dat Koma sy oë kon uit­vee, het die man glo sy wind­skerm en an­der mo­tor­rui­te stuk­kend ge­slaan.

“My eer­ste in­stink was om weg te jaag en na die naas­te po­li­sie­kan­toor te ry,” het Koma ge­sê.

’n Kind wat saam met hom in die mo­tor was, kon die aan­val­ler se nom­mer­plaat ont­hou.

Koma het klag­te van op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging, naam­sken­ding en in­ti­mi­da­sie by die Si­no­vil­le­po­li­sie­kan­toor aan­han­gig ge­maak.

Koma ver­moed dit was ’n ras­sis­tie­se voor­val. “Ek weet nie by wie die man sul­ke woor­de ge­leer het nie. Hy is ná 1994 ge­bo­re, so hy is vry ge­bo­re.”

Koma sê hy kan nie ont­hou of hy die man ooit in die hof te­ë­ge­kom het nie.

“Ek het ’n neu­tra­le hou­ding teenoor be­skul­dig­des, so ek kan al­mal nie ont­hou nie.”

My eer­ste in­stink was om weg te jaag en na die naas­te po­li­sie­kan­toor te ry. — MPHAFOLANE KOMA

Land­dros Mphafolane Koma van die land­dros­hof in Rand­burg se mo­tor­rui­te is Maan­dag uit­ge­slaan. Die man wat dit glo ge­doen het, het die kwoord glo aan Koma ge­skree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.