Regs­lui sê oor Jan­sen

‘Hoe­kom praat die skry­wer nie al vroe­ër?’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Reg­ter Ma­bel Jan­sen van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria is ’n hoogs in­tel­li­gen­te mens.

As die skry­wer en rol­prent­ma­ker Gil­li­an S­chut­te se be­we­rings oor haar reg is, het sy eg­ter ’n groot blaps be­gaan, sê oud­reg­ter Jo­han S­mit van P­re­to­ria.

Adv. Mi­ke Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, het in­tus­sen spe­si­a­le ver­lof aan Jan­sen toe­ge­staan han­gen­de ’n on­der­soek na ’n amp­te­li­ke klag wat by die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie (RDK) in­ge­dien is.

S­mit sê hy wil Jan­sen nie ver­oor­deel voor­dat hy al die fei­te van die saak het nie.

Maar as die be­we­rings waar is, “is dit eint­lik ’n on­be­gryp­li­ke ver­gryp”.

S­mit sê hy het ook “’n bie­tjie be­den­kin­ge” oor die saak.

Hy wil weet waar­om S­chut­te nie “da­de­lik ’n ka­baal” ge­maak het toe Jan­sen die stel­lings teenoor haar ge­maak het nie.

“El­ke reg­ter is mens­lik, maar dis die een ding wat jy leer in die 20 jaar dat jy as ad­vo­kaat prak­ti­seer: Jy móét jou ob­jek­ti­wi­teit be­hou, an­ders kan jy in die moei­lik­heid kom.

“’n Mens moet ver­sig­tig wees om te ver­al­ge­meen,” sê hy.

Dr. L­le­wel­lyn Cur­le­wis, straf­reg­spe­si­a­lis en voor­ma­li­ge pre­si­dent van die Pro­ku­reurs­or­de van die Noor­de­li­ke Pro­vin­sies, sê Jan­sen is ’n goeie en er­va­re reg­ter.

Dit is on­reg­ver­dig om haar vir die wol­we te gooi as sy nog nie eens die kans ge­had het om haar saak te stel nie, sê hy.

Die stel­lings wat sy ge­maak het in ’n ge­sprek met S­chut­te spruit uit haar er­va­ring van al die straf­sa­ke wat voor haar ge­dien het, sê Cur­le­wis.

“Dis háár er­va­ring van die sa­ke. An­der reg­ters kan dalk an­der er­va­rings hê.”

Hy sê as tien­tal­le ver­krag­ting­sa­ke voor ’n reg­ter dien, sal die reg­ter se- ke­re ge­volg­trek­kings daar­uit maak.

“Dan is daar ’n gro­ter pro­bleem: dié van ver­krag­ting en nie so­seer die i­den­ti­teit of die ras van die ver­krag­ter nie.”

Wat men­se nou het, is eg­ter hul eie in­ter­pre­ta­sie van ’n paar sin­ne wat hul­le op die in­ter­net ge­lees het wat Jan­sen glo ge­sê het.

Cur­le­wis sê po­li­ti­ci het nou ’n goeie kans “om sen­sa­sie” te soek ter­wyl Jan­sen nog nie haar kant ge­stel het nie.

Hy het twy­fel geen­sins dat Jan­sen se hof­uit­spra­ke kor­rek sou wees nie.

Daar is so­veel wig­te en teen­wig­te in die reg­stel­sel dat sa­ke ver­der op ap­pèl ge­neem sou ge­wees het as Jan­sen by­voor­beeld iets ver­ge­sog of ras­sis­ties daar­in sou ge­sê het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.