ANC­jeug wil rug­by ont­wrig

Beeld - - Nuus - Mal­her­be Nie­na­ber

Kaap­stad. – Rug­by­lig­ga­me glo steeds die S­pring­bok-s­pan is ’n “hei­li­ge koei” vir wit oor­heer­sing en moet weet dat as trans­for­ma­sie nie plaas­vind nie, sal wed­stry­de voort­aan deur be­to­gers ont­wrig word.

Dit is die waar­sku­wing wat die ANC-jeug­li­ga gis­ter aan die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) ge­gee het ten ty­de van ’n be­to­ging voor sy kan­to­re in Plat­te­kloof.

“Jul­le moet weet dat dié net ’n waar­sku­wing­skoot is, vol­gen­de keer sal jul­le ons in jul sta­di­ons sien. Ons sal te­rug­kom,” het N­ja­bu­lo N­zu­za, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC-jeug­li­ga, ge­sê voor­dat hy ’n me­mo­ran­dum aan Sa­ru se be­stuur oor­han­ding het.

On­danks die po­li­sie se teen­woor­dig­heid het som­mi­ge be­to­gers om­streeks 11:30 ver­by die val­bo­me ge­hard­loop in die rig­ting van Sa­ru se kan­to­re.

Po­li­sie­le­de het met ’n voer­tuig reg voor hul­le stil­ge­hou en die be­to­gers met ’n skok­gra­naat uit­een­ge­jaag te­rug na die in­gang.

Voor­dat N­zu­za die me­mo­ran­dum aan K­ha­ya May­edwa, ’n se­ni­or be­stuur­der van Sa­ru, oor­han­dig het, het hy aan die be­to­gers ge­sê: “Jy kan voor ons sien dat Sa­ru deur ou men­se ge­lei word, dit is die pro­bleem. As hul­le nie jong men­se aan­stel om lei­er­skap te bied nie, sal nu­we i­dees nooit in­vloei nie.”

Vol­gens hom is dit hoe­kom Sa­ru “kon­ser­wa­tief is en steeds glo dat die S­pring­bok-s­pan ’n hei­li­ge koei vir wit oor­heer­sing is”.

May­edwa het by ont­vangs van die me­mo­ran­dum ge­sê Sa­ru het reeds “groot voor­uit­gang” met trans­for­ma­sie be­reik en sal “dié ding” (die ei­se) oor­weeg en ant­woor­de bied.

N­zu­zu het hom in die re­de ge­val: “As jy sê daar is voor­uit­gang, dan waar is die swart spe­lers op die veld?”

Sa­ru het la­ter by na­vraag ge­sê hy is al­tyd ge­wil­lig om met e­nig­ie­mand in ge­sprek te tree wat rug­by wil ver­be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.