Sy gooi red­dings­boei na húl­le

Beeld - - Nuus -

Vier swart mans wat van sek­su­e­le mis­da­de aan­ge­kla is, het elk ’n red­dings­boei van reg­ter Ma­bel Jan­sen ge­kry. Sy het drie se tronk­straf dras­ties ver­min­der en een van hul­le vry­ge­spreek.

Die vier uit­spra­ke wat sy in ap­pèl­le van dié mans ge­le­wer het, is op die Sout­hern A­fri­can Le­gal In­for­ma­ti­on In­s­ti­tu­te se web­tuis­te ge­pu­bli­seer. In el­ke saak het ’n an­der reg­ter met haar saam­ge­stem.

) Op 14 A­pril het sy be­vind die tronk­straf van 22 jaar wat ’n streek­land­dros van Fo­ch­vil­le aan M­z­wa­ban­tu Andrew Bat­ha­ka­thi op­ge­lê het weens die ver­krag­ting van ’n 16­ja­ri­ge mei­sie gaan “die jong man een­vou­dig breek en hom van al­le hoop ont­neem”. Sy het Bat­ha­ka­thi se tronk­straf toe tot ef­fek­tief ses jaar ver­min­der.

) In Ju­lie ver­le­de jaar het Jan­sen die 20 jaar tronk­straf van ’n jong man wat ’n vyf­ja­ri­ge mei­sie in Sep­tem­ber 2010 in Er­me­lo ver­krag het, ge­hal­veer. Dit was om­dat hy self ’n kind (17) was toe dit ge­beur het.

) In A­pril van­jaar het Jan­sen ’n 70­ja­ri­ge man wat van die ver­krag­ting van een van sy ses dog­ters aan­ge­kla is, vry­ge­spreek. Hy is aan­vank­lik tot 20 jaar tronk­straf ge­von­nis, maar Jan­sen het be­vind dit blyk uit die ge­tui­e­nis die mei­sie wat haar pa ver­kla het, het haar sleg ge­dra, los­ban­dig ge­leef en van die huis weg­ge­loop.

) In Maart van­jaar het Jan­sen Ken­neth Sk­hum­bu­zo Mok­we­na se tronk­straf van 15 jaar tot agt jaar ver­min­der. Hy was 20 jaar oud toe hy ’n vrou in Au­gus­tus 2011 in Mhlu­zi, M­pu­ma­lan­ga, be­roof en aan­ge­rand het. Jan­sen het ge­sê daar moet in ag ge­neem word hoe jonk hy was. Boon­op het die reg­stel­sel hom in die steek ge­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.