Groep vra dat Die Ant­woord Is­rael boi­kot

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Die druk­groep Boy­cott Is­rael vra in ’n ope brief dat Die Ant­woord hul kon­sert in dié land uit­stel.

Hoe­wel baie Is­rae­li’s hul mu­siek ge­niet en waar­de­ring vir hul ta­lent het, sal hul­le wil hê Die Ant­woord moet eer­der daar op­tree wan­neer Is­rael aan “in­ter­na­si­o­na­le wet­ge­wing” vol­doen en op­hou dis­kri­mi­neer teen Pa­le­sty­ne.

“Na­dat ons baie ja­re pro­beer het om ons ge­meen­skap van bin­ne te ver­an­der, het ons tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat net ’n in­ter­na­si­o­na­le veld­tog, soos des­tyds teen SuidA­fri­ka, die si­tu­a­sie hier sal ver­an­der.”

In die brief ver­ge­lyk die groep Is­rae­li’s hul­le met SuidA­fri­kaan­se ak­ti­vis­te. “Net soos wit ak­ti­vis­te in die a­part­heids­tyd in Suid-A­fri­ka op­ge­staan het vir ge­reg­tig­heid en die be­vry­ding van al­le Suid-A­fri­ka­ners . . . sluit ons aan by die wê­reld­wye be­we­ging wat deur Pa­le­sty­ne ge­lei word om Is­rael se a­part­heid te be­ëin­dig.”

Boy­cott Is­rael sê hy hoop Die Ant­woord, wat uit Nin­ja (Wat­kin Tu­dor Jo­nes), Yo­lan­di Vi$$er en DJ Hi-Tek be­staan, Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis in ge­dag­te sal hou en die “e­tie­se po­si­sie” sal in­neem en wei­er om in Is­rael op te tree.

Die Ant­woord se kon­sert word in Li­ve Park in Rishon Let­siyon be­plan. Die groep toer in Ju­nie ook on­der meer in Po­le, Duits­land, Tur­kye en I­ta­lië.

Yo­lan­di Vi$$er en Nin­ja (Wat­kin Tu­dor Jo­nes).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.