Vlie­ë­nier sterf op to­neel toe sy vlieg­tuig neer­stort

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger Eu­ge­ne Gun­ning

en

’n Man is dood toe sy vlieg­tuig gis­ter na­by Her­berts­da­le in die Suid-Kaap ge­val het.

In Mid­rand is twee mans net lig be­seer toe hul vlieg­tuig on­der­ste­bo in ’n stuk veld na­by die Grand Cen­tral-lug­ha­we be- land het. Die man wat in die Suid-Kaap dood is, was van Jo­han­nes­burg oor Port E­li­za­beth en Ge­or­ge op pad na Kaap­stad.

Sy naam is nog nie be­kend ge­maak nie.

Hy was die e­nig­ste in­sit­ten­de, het kapt. Mal­colm Po­jie, po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Die on­ge­luk het om­streeks Fo­to’s: ER24 10:10 op die ter­rein van die Gond­wa­na-wild­re­ser­vaat ge­beur.

“Wrak­stuk­ke het ge­strooi ge­lê waar die vlieg­tuig op die grond neer­ge­stort en ’n ent ver ge­gly het,” het Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van die ER24nood­diens, ge­sê.

“Pa­ra­me­di­ci het die ge­bied deur­ge­soek en op die vlie­ë­nier se lyk af­ge­kom ’n ent van die vlieg­tuig af.”

Vol­gens hom het die vlie­ë­nier veel­vul­di­ge be­se­rings ge­had. “Pa­ra­me­di­ci kon niks ver­der vir hom doen nie en die man is op die to­neel dood ver­klaar,” het Mei­ring by­ge­voeg.

Ka­be­lo Ledwa­ba, woord­voer- der van die Suid-A­fri­kaan­se Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid (BLO), het by na­vraag ge­sê die oor­saak van die on­ge­luk sal on­der­soek word.

Die Mid­rand-voor­val het voor 04:00 ge­beur. ER24-pa­ra­me­di­ci het twee mans ge­vind wat om die vlieg­tuig ge­loop het.

“Hul­le was baie ge­luk­kig en is slegs lig be­seer. Al­bei is na die Sun­ning­hill-hos­pi­taal ge­neem vir waar­ne­ming,” lui ER24 se ver­kla­ring.

Die pre­sie­se oor­saak van die on­ge­luk is nog on­be­kend.

Ver­teen­woor­di­gers van die plaas­li­ke o­wer­he­de was vroeg­og­gend ook op die to­neel om on­der­soek in te stel.

Die wrak van die vlieg­tuig wat in Mid­rand neer­ge­stort het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.