Ma borg­tog ge­wei­er ná ‘self­dood­pakt’

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en Al­za­ne Nar­rain

en

Bloem­fon­tein. – Die lang pad wat die 73-ja­ri­ge An­dries Roux wil stap saam met die vrou wat glo in ’n self­dood­pakt vir haar seun (toe 9) ’n in­spui­ting van he­ro­ïen en mier­gif ge­gee het, het gis­ter ’n paar slag­ga­te by­ge­kry.

Die vrou (37) se borg­to­gaan­soek in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein is ge­wei­er.

Hul­le ken me­kaar skaars, het land­dros C. Mok­go­to ge­sê. Wat gaan ge­beur as hul saam­bly­e­ry in Roux se huis in Na­val­sig nie uit­werk nie? Gaan hy haar te­rug­bring hof toe of moet die po­li­sie na haar gaan soek as sy nie meer by Roux kan woon nie?

Roux en die vrou het me­kaar in die Vry­staat­se Psi­gi­a­trie­se Kom­pleks ont­moet waar­heen al­bei vir waar­ne­ming ge­stuur is.

Roux het ook ’n han­gen­de ver­hoor teen hom. Hy moet juis Maan­dag weer in die hof wees.

Roux het in haar borg­to­gaan­soek ge­tuig hul­le het me­kaar goed leer ken. “Ek het ge­sien sy is ’n kind van die He­re. Ek is ook ’n kind van die He­re en ons sal saam ’n lang pad kan stap.”

Sy huis sal haar per­ma­nen­te woon­a­dres wees as sy borg­tog sou kry, het hy ge­tuig.

Kort daar­na het hy in die hof ge­hoor van haar vier vo­ri­ge ver­oor­de­lings, wat huis­braak, dief­stal en be­drog in­sluit.

“Ek is klaar. Ek is keel­vol,” het hy kort daar­na aan Beeld ge­sê.

Hy het daar­na vir haar ’n brief ge­gee wat sy in die be­skul­dig­de­bank ge­lees het. Sy het toe een te­rug­ge­skryf.

Toe sê Roux hy sal weer dink voor­dat hy be­sluit.

Ter­wyl sy in voet­boeie weg­ge­lei is om in die tronk in Kim­ber­ley aan­ge­hou te word, het die vrou ge­sê: “Al­les tus­sen ons is nog reg. Ek dink net hy is ver­slae.”

In haar hand het sy ’n C­hec­kers-sak­kie vas­ge­hou met goed wat Roux ge­bring het.

Sy moet weer vol­gen­de maand hier in die hof ver­skyn.

In haar ver­kla­ring wat haar pro­ku­reur, Ry­an Is­mail, in die hof voor­ge­lees het, sê sy sy gaan skuld op ’n aan­klag van po­ging tot moord ont­ken.

Sy was nie by toe haar seun (9) hom op 2 Ok­to­ber ver­le­de jaar in­ge­spuit het nie. Sy het hom ook nie self in­ge­spuit nie.

“Die staat het ’n swak saak teen my.”

) Oor sy eie ver­hoor het Roux ge­tuig hy is vals­lik daar­van be­skul­dig dat hy met ’n vuur­wa­pen in sy huis ge­loop en ge­dreig het om “men­se te skiet”.

Fo­to: AL­ZA­NE NAR­RAIN

Die ma van Bloem­fon­tein wat na be­we­ring ’n self­dood­pakt met haar ne­ge­ja­ri­ge seun ge­sluit het, voor haar ver­sky­ning in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.