Boer skiet glo wer­ker se koeie dood, kwes bul

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

’n Boer van M­pu­ma­lan­ga het glo vier drag­ti­ge koeie van ’n wer­ker wat op sy plaas woon, dood­ge­skiet en ’n bul ge­kwes.

Die po­li­sie van Ca­ro­li­na on­der­soek ’n klag van op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging teen Peet S­tein­berg van die plaas Mooi­plaas.

Pro­mi­se S­kosa­na (28), wat op S­tein­berg se plaas woon, maar el­ders werk, be­weer hy het haar vier drag­ti­ge koeie en ’n bul ver­le­de Son­dag ge­skiet.

“Ons ge­sin woon al 50 jaar op die plaas. My pa het al die ja­re op Mooi­plaas ge­werk tot­dat hy in 2005 dood is.”

Sy sê haar bees­te het die be­trok­ke dag uit hul kamp by haar kam­pong ge­kom en in S­tein­berg se mie­lie­land be­gin wei.

“Ek was be­sig om hul­le uit die land te jaag toe die baas (S­tein­berg) en een van sy wer­kers, ene Zu­lu, daar op­daag.

“Hy het die bees­te net daar ge­skiet,” sê sy.

Vol­gens S­kosa­na be­loop die ver­lies so­wat R15 000.

Sy het aan­vank­lik ’n klag by die po­li­sie in Mid­del­burg in­ge­dien om­dat sy die po­li­sie in Ca­ro­li­na nie ver­trou nie.

Sers. Ge­rald Se­di­be, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig die klag is in­tus­sen na die Ca­ro­li­na­po­li­sie­kan­toor ge­stuur.

Die po­li­sie op Ca­ro­li­na het be­ves­tig dat hul­le reeds in aan­ra­king met S­tein­berg was.

De­on van der Mer­we, sy vrou He­leen toe sy nog s­wan­ger was met Ni­ca, hul seun, Di­van (8), en dog­ter Mo­nya (5).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.