‘Nu­we’ pa sterf

Hy was ná kui­er in hos­pi­taal op pad huis toe

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

’n Boer en sa­ke­man van Brits is dood ná ’n mo­tor­on­ge­luk op pad huis toe van die hos­pi­taal waar sy vrou die le­we aan hul der­de kind ge­skenk het.

Die be­stuur­der van ’n ver­moe­de­lik ge­steel­de mo­tor het Sa­ter­dag­aand reg van voor teen De­on van der Mer­we (41) se Hi­lux­bak­kie ge­bots. Die man het glo ’n U-draai op die N1-snel­weg ge­maak om van die po­li­sie te pro­beer weg­kom.

Van der Mer­we het van die Kloof-hos­pi­taal in P­re­to­ria-Oos na sy huis in Brits ge­ry. Sy vrou, He­leen, het Vry­dag ge­boor­te aan hul dog­ter­tjie Ni­ca ge­gee.

Ri­aan Be­ster, ’n vriend van Van der Mer­we, het ’n man in ’n Volks­wa­gen Po­lo na­by die Zam­be­zi-af­rit in sy bak­kie vas­ge­jaag.

“Die an­der ou het op die N1 van Lim­po­po af ge­ry. Le­de van die me­tro­po­li­sie het aan die kant van die pad by die tol­hek op hom ge­wag om­dat die mo­tor glo ge­steel is. Die ou het toe om­ge­draai en teen die ver­keer in ge­jaag,” sê Be­ster. Die man is op slag dood. Van der Mer­we is in die Mon­ta­na-hos­pi­taal in P­re­to­ria op­ge­neem waar hy Son­dag om­streeks 02:00 dood is.

“De­on was al­tyd ’n po­si­tie­we per­soon. Selfs in die droog­te was hy po­si­tief,” sê Be­ster.

Van der Mer­we het met groen­te, ko­ring en mie­lies ge­boer.

“Hy het nie een keer iets ne- ga­tiefs oor die (droog­te)si­tu­a­sie ge­sê het nie. Hy was maar ’n man van baie plan­ne, en sy plan­ne het al­tyd ge­werk,” sê Be­ster.

El­ke keer as Be­ster oor die droog­te ge­kla het, het Van der Mer­we ge­sê dit mô­re be­ter sal gaan.

Van der Mer­we word ook oor­leef deur sy seun, Di­van (8) en dog­ter, Mo­nya (5).

’n Ge­denk­diens word mô­re 10:00 om die NG kerk Wesmoot in P­re­to­ria ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.