LUR dring aan op veel­ras­sig­heid in skool­be­stu­re

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Hy kan nie toe­laat dat een ras ’n skool en sy be­stuur ver­teen­woor­dig nie, het Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys in Gau­teng, ge­sê.

Óf hul­le ver­an­der self óf hy dwing daar­die ver­an­de­ring aan hul­le op.

Le­su­fi het Dins­dag deel­ge­neem aan ’n ge­sprek op SAfm na aan­lei­ding van ’n hof­saak waar­in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof oor die mag­te van be­heer­lig­ga­me moet be­sin.

’n In­bel­ler het Le­su­fi vir ’n “moei­lik­heid­ma­ker” uit­ge­kryt wat net al­ler­han­de pro­ble­me met “wit” sko­le het. Nog een het hom ge­prys vir die werk wat hy doen.

Le­su­fi het groot­liks uit­ge­vaar teen sko­le en skool­be­stu­re wat vol­gens hom teen trans­for­ma­sie ba­klei. Dit is dié sko­le wat nie hul hulp­bron­ne wil deel nie en arm sko­le in ’n wurg­greep van ar­moe­de hou.

Sko­le moet al­le ras­se ver­teen­woor­dig, het Le­su­fi ge­sê. “Dit kan nie wees dat die e­nig­ste men­se van ’n an­der kleur wat sko­lie­re by die skool sien die vrou is wat die tee maak of die man wat in die tuin werk nie. Sko­le moet ver­teen­woor­di­gend wees van wie ons as land is.”

Skool­geld moet ge­re­gu­leer word so­dat dit nie ge­bruik kan word om ou­ers uit te sluit wat nie hoë skool­geld kan be­kos­tig nie. “Daar is sko­le wat hul skool­geld met tot 50% ver­hoog net so­dat dit ge­bruik kan word om an­der ou­ers uit te sluit.”

Hy het al ’n s­pan amp­te­na­re aan­ge­stel om die kwes­sie te on­der­soek en te kyk na sko­le wat na a­part­heids­lei­ers ge­noem is. “Ons gee sko­le tot 30 Sep­tem­ber kans om dit te ver­an­der. Sko­le moet ons nie her­in­ner aan wie Hen­drik Ver­woerd of Jan S­muts was nie. 60% van ons land is seer­ge­maak (deur a­part­heid), waar­om hul­le weer her­in­ner?”

Le­su­fi was ook kri­ties oor sko­le wat nie hulp­bron­ne wil deel nie en boon­op “met hul diep sak­ke” goeie on­der­wy­sers van swart sko­le weg­rok­kel. “Waar­om word swart men­se in ar­moe­de ge­van­ge ge­hou? As ons dit kan reg­kry, sal ons ge­hal­te- on­der­wys in ons leef­tyd sien.”

Dr. Jaco De­a­con, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van SuidA­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as), het ge­sê trans­for­ma­sie gaan nie aan­ge­pak word deur die ver­an­de­ring van ’n skool se naam of deur ’n wit on­der­wy­ser na ’n swart skool te bring en an­ders­om nie, maar deur die skool se kul­tuur te ver­an­der.

Geen ou­er kan toe­gang tot ’n skool ge­wei­er word as hy die skool­geld nie kan be­kos­tig nie. Die pe­per­duur sko­le waar­na Le­su­fi ver­wys, is 20 van die 2 000 sko­le in die pro­vin­sie, sê hy,

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Pa­ny­a­za Le­su­fi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.