Klei­ner be­gro­ting vir wa­ter ge­kap

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Tal­le mu­ni­si­pa­li­tei­te, pro­vin­sies en die ANC op na­si­o­na­le vlak het soos E­s­kom ge­dink toe­koms­be­plan­ning is on­no­dig en dat die fee­tjies wa­ter­in­fra­struk­tuur in stand sal hou.

So het adv. An­ton Al­berts, VF+-LP, gis­ter in die de­bat oor Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, se be­gro­tings­toe­spraak ge­sê.

Vol­gens Sta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) is 6 000 wa­ter­ver­wan­te pos­te in mu­ni­si­pa­li­tei­te va­kant, sê hy. Boon­op is daar ’n “na­de­ren­de wa­ter­kri­sis”, maar die re­ge­ring maak plan­ne vir ’n kern­krag­bou­pro­gram, wat mil­joe­ne li­ters wa­ter gaan ver­eis, en vir ska­lie­gas­ont­gin­ning, wat wa­ter in die Ka­roo gaan be­smet.

Le­on Bas­son, DA-LP, sê die de­par­te­ment het – on­danks sy uit­da­gings met fi­nan­sie­ring vir in­fra­struk­tuur – in­ge­stem dat die na­si­o­na­le te­sou­rie sy be­gro­ting met R827 mil­joen sny.

Die re­de daar­voor is een­vou­dig, sê hy. “Hul­le het ge­weet hul­le gaan weer hul be­gro­ting on­der­be­stee soos hul­le met R2 mil­jard in die 2014-’15-boek­jaar ge­doen het en die R1,6 mil­jard wat nie na die daar­op­vol­gen­de boek­jaar oor­ge­dra is nie.

Die geld wat nie be­stee word nie, het ’n uit­kring­ef­fek en in­fra­struk­tuur­pro­jek­te moet jaar ná jaar ge­her­ske­du­leer word. Die ag­ter­stand ver­groot aan­sien­lik on­der die re­ge­ring, sê Bas­son.

Ook Ma­liy­ak­he S­he­lem­be, NFP-LP, sê dit is “ver­re­gaan­de”’ dat die de­par­te­ment se be­gro­ting af­ge­skaal eer­der as ver­groot is. Selfs meer bi­sar is die ge­pro­jek­teer­de af­ska­ling in die be­gro­ting vir die 2018-’19-boek­jaar. “Hoe is dit moont­lik om die be­gro­ting vir wa­ter en sa­ni­ta­sie te ver­min­der wan­neer ’n on­ge­ken­de vlak van ver­ste­de­li­king ons in die ge­sig staar?”

Mo­ko­ny­a­ne het in haar toe­spraak er­ken dat baie mu­ni­si­pa­li­tei­te se wa­ter- en ri­ool­stel­sels in ’n swak toe­stand is en sê die de­par­te­ment is daar­toe ver­bind om dit te her­stel. Die de­par­te­ment is voor­ne­mens om in te gryp op plek­ke waar diens­le­we­ring mis­luk en waar daar be­soe­de­ling is. Sy bly ver­bind tot die de­par­te­ment se kon­sep van ’n wa­ter- en sa­ni­ta­sie­re­vo­lu­sie.

Die de­par­te­ment gryp ook in waar mu­ni­si­pa­li­tei­te suk­kel om groot­maat­wa­ter­in­fra­struk­tuur te fi­nan­sier of in stand te hou om die em­mer­stel­sel­pro­gram te on­der­steun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.