‘Kern­plan sál kor­rup­sie­vry wees’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Suid-A­fri­ka sal ver­se­ker dat die kern­krag­bou­pro­gram bo ver­den­king en vry van e­ni­ge po­ten­si­aal vir kor­rup­sie is, het Ti­na Joe­mat-Pet­ters­son, mi­nis­ter van e­ner­gie, ge­sê.

Boon­op sal die land ver­se­ker dat dit die pro­gram kan be­kos­tig.

Sy het dié ver­se­ke­ring gis­ter in haar be­gro­tings­toe­spraak in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) ge­gee.

Sy het daar­op ge­wys dat die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan van die re­ge­ring ver­eis om ge- de­tail­leer­de on­der­soe­ke te doen voor­dat ’n fi­na­le be­sluit oor ’n nu­we kern­krag­bou­pro­gram ge­neem word. Dié teg­nie­se on­der­soe­ke het ge­lei tot tal­le stu­dies en stra­te­gieë. Dit is deur die ka­bi­net oor­weeg wat be­sluit het om die de­par­te­ment van e­ner­gie toe te laat om ver­soe­ke om voor­stel­le uit te reik om die be­hoef­te in die mark vir ’n kern­krag­pro­gram te be­ves­tig.

Dié fa­se sal vol­gens Joe­ma­tPet­ters­son ver­se­ker dat die land bin­den­de kom­mer­si­ë­le en fi­nan­si­ë­le in­lig­ting kry om die ka­bi­net ten vol­le in te lig om uit­ein­de­lik ’n be­sluit te neem oor die bes­te ma­nier om die kern­krag­bou­pro­gram in te stel.

“Dit sal die prys, be­kos­tig­baar­heid, pas en skaal van die pro­gram be­paal. Ons sal slegs toe­pas wat ons kan be­kos­tig,” het Joe­mat-Pet­ters­son ge­sê.

“Ons sal ver­se­ker dat die pro­ses bo ver­den­king is en vry is van e­ni­ge po­ten­si­aal vir kor­rup­sie. Ons sal nie haas­tig wees met die pro­ses nie en ons sal, ge­lei deur die In­ter­na­si­o­na­le A­toom­e­ner­gie-a­gent­skap, vol­doen aan al die ver­eis­tes,” het sy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.