Brui­de, trou­gas­te on­der slag­of­fers

Beeld - - Nuus - – Reuters

Bag­dad. – Twee mo­tor­bom­ont­plof­fings het die Irak­se hoof­stad gis­ter ge­skud, net ure na­dat 64 men­se dood is in ’n eer­ste, soort­ge­ly­ke aan­val op ’n mark.

Min­stens 15 men­se is dood in die noor­de­li­ke ge­bied Kad­hi­miya en se­we in die wes­te van die stad.

Brui­de en brui­de­gom­me was on­der die slag­of­fers in gis­ter se eer­ste bom­aan­val op ’n mark in Sa­dr, ’n S­ji­ï­tie­se woon­buurt in Bag­dad.

Die bom, wat in ’n af­le­we­rings­voer­tuig vol vrug­te en groen­te was, het die le­we van min­stens 64 men­se ge­ëis en meer as 87 be­seer.

Die voer­tuig het in spits­ver­keer na­by ’n skoon­heid­sa­lon in ’n mark ont­plof.

Ver­skeie van die slag­of­fers was vroue en brui­de wat blyk­baar ge­reed ge­maak het vir hul trou­es. Die ly­ke van twee mans, wat moont­lik brui­de­gom­me was, is in ’n aan­gren­sen­de haar­kap­per ge­vind.

Prui­ke, skoe­ne en speel­goed het op die to­neel ge­strooi ge­lê.

Red­dings­wer­kers het in poe­le bloed ge­trap ter­wyl hul­le bran­de be­veg en die slag­of­fers ge­help het.

Rook het nog oor ver­skeie win­kels ge­hang toe ’n stoot­skra­per die wrak van die af­le­we­rings­wa weg­ge­stoot het.

Isla­mi­tie­se Staat (I­sis) het in ’n ver­kla­ring op so­si­a­le me­dia ver­ant­woor­de­lik­heid vir die aan­val aan­vaar. Die ver­kla­ring lui dat die aan­val ge­mik is op mi­li­tan­te S­ji­ïe­te in die ge­bied.

Vei­lig­heid het ge­lei­de­lik ver­be­ter in die Irak­se hoof­stad, wat ’n de­ka­de ge­le­de daag­liks on­der bom­aan- val­le deur­ge­loop het, maar ge­weld­da­di­ge aan­val­le teen die vei­lig­heids­mag­te en S­ji­ï­tie­se bur­ger­li­kes duur voort. Die stryd teen I­sis, wat so­wat ’n der­de van Irak in 2014 in­ge­palm het, het ’n ou sek­ta­rie­se kon­flik tus­sen die Soen­ni-min­der­heid en die S­ji­ï­tie­se meer­der­heid aan­ge­blaas.

Fo­to: REUTERS

Men­se op die to­neel van een van drie mo­tor­bom­aan­val­le wat gis­ter tot die dood van min­stens 79 men­se ge­lei het in die Irak­se hoof­stad, Bag­dad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.