C­hi­na swyg oor ko­nin­gin

Beeld - - Nuus -

Lon­den. – Die C­hi­ne­se af­vaar­di­ging wat B­rit­tan­je ver­le­de jaar be­soek het, was “baie on­ge­skik”, het ko­nin­gin E­li­za­beth II in ’n on­be­waak­te oom­blik ge­sê.

Haar uit­la­ting is op ka­me­ra vas­ge­lê toe sy aan be­vel­voer­der Lu­cy D’Or­si, wat in be­heer was van die vei­lig­heids­maat­re­ëls ten ty­de van die be­soek in Ok­to­ber, op ’n tee­par­ty­tjie by Bucking­ham-pa­leis voor­ge­stel is.

Toe die ko­nin­gin hoor wat D’Or­si se taak was, het sy ge­sê: “Oh, bad luck.”

Toe D’Or­si sê dat dit “nog­al ’n moei­li­ke tyd” was, het die ko­nin­gin ge­ant­woord sy weet dit maar al­te goed. “Hul­le was baie on­ge­skik met die am­bas­sa­deur,” het die ko­nin­gin ge­sê. D’Or­si het toe ver­tel hoe die C­hi­ne­se uit ’n ver­ga­de­ring met haar en Bar­ba­ra Wood­ward, am­bas­sa­deur, ge­stap het.

“Bui­ten­ge­woon,” het die ko­nin­gin ge­ant­woord.

Da­vid Ca­me­ron, B­rit­se pre­mier, het die be­soek van p­res. Xi Jin­ping aan B­rit­tan­je as ’n groot in­spui­ting vir die B­rit­se sa­ke­ge­meen­skap be­skou, maar die pre­mier is ge­kri­ti­seer dat hy te ver­wel­ko­mend was.

Die ko­nin­gin se uit­la­ting kom in die­self­de tyd wat Ca­me­ron ge­hoor is toe hy na Ni­ge­rië en Af­ga­ni­stan as “die twee kor­rup­ste lan­de ter wê­reld” ver­wys het.

“Dit is iet­wat van ’n ver­leent­heid, maar is nie ’n groot ver­ras­sing aan e­nig­ie­mand wat al van­te­vo­re by sul­ke be­soe­ke be­trok­ke was nie,” het Tim

Fo­to: REUTERS

P­res. Xi Jin­ping van C­hi­na en ko­nin­gin E­li­za­beth II ver­le­de jaar op ’n staats­ban­ket in Lon­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.