Jood­se bus aan brand ge­steek

Beeld - - Nuus - – AP

New York. – Die po­li­sie is op soek na vyf jong men­se wat ’n Jood­se skool­bus aan die brand ge­steek het in ’n woon­buurt wat in die 1990’s on­der ras­se-on­rus deur­ge­loop het.

’n 11-ja­ri­ge seun is al in heg­te­nis ge­neem en ná die brand Son­dag van brand­stig­ting aan­ge­kla.

Die voor­val word as ’n moont­li­ke haat­mis­daad be­skou.

K­ring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal wys hoe ’n groep seuns weg­hard­loop wan­neer die bus aan die brand raak, het die po­li­sie ge­sê. Die bus het aan die B­nos C­ho­mesh A­ca­de­my be­hoort.

Dis ’n mei­sie­skool in Brook­lyn se Cro­wn Heig­hts-woon­buurt, waar s­pan­ning tus­sen die Jood­se en swart ge­meen­skap in 1991 tot on­rus ge­lei het.

Ro­bert Boy­ce, hoof van die New York­se po­li­sie se speur­diens, het ge­sê ’n groep van ses seuns het kar­ton­hou­ers in die bus in­ge­dra en dit op die sit­plek­ke aan die brand ge­steek. “Dit is doel­be­wus en met voor­af­be­plan­ning ge­doen. Dit was baie dui­de­lik ’n bus van ’n Jood­se skool. Al­mal in die ge­meen­skap weet dit.”

Dit was die der­de voor­val in sy soort die af­ge­lo­pe week.

’n Bus­be­stuur­der van ’n an­der Jood­se skool het ver­le­de Vry­dag ge­sê sy kant­spie­ël­tjie is stuk­kend ge­slaan.

’n Dag van­te­vo­re het ’n man in tra­di­si­o­ne­le Jood­se drag ge­sê hy is deur ’n 13-ja­ri­ge seun ge­teis­ter. Die seun het hom in die ge­sig ge­slaan. Die kind is op ’n klag van aan­ran­ding in heg­te­nis ge­neem en word as ’n min­der­ja­ri­ge ver­hoor.

Die ver­dag­tes in die brand op die bus en die aan­ran­ding is swart.

Boy­ce het ge­sê die voor­val­le in Cro­wn Heig­hts is kom­mer­wek­kend.

“Ons hoop om in­heg­te­nis­ne­mings te doen en hier­die sa­ke op te los,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.