Ber­nie wen, sê hy gee nie bes

Beeld - - Nuus - – Al Ja­zeera

Washing­ton. – Al het sen. Ber­nie San­ders (74) vir Hil­la­ry C­lin­ton (68) in ’n voor­ver­kie­sing in Wes-Vi­r­gi­nië ge­klop, is sy nog lank nie van stryk in haar stryd om die De­mo­kra­te se pre­si­dents­kan­di­daat te word nie.

’n De­mo­kra­tie­se kan­di­daat be­no­dig 2 383 par­ty-af­ge­vaar­dig­des om die be­noe­ming te kry.

C­lin­ton het 2 228 af­ge­vaar­dig­des aan haar kant teenoor San­ders se 1 454.

Nog ’n voor­ver­kie­sing wag op 17 Mei, maar die groot en laas­te een is op 7 Ju­nie waar by­kans 700 af­ge­vaar­dig­des be­trok­ke is.

San­ders het ge­sê hy gaan vol­hou met sy veld­tog tot die De­mo­kra­te se kon­fe­ren­sie op 25 tot 28 Ju­lie en hy wil ’n sê hê oor hoe die par­ty die pre­si­dents­ver­kie­sing in No­vem­ber gaan pak. Hy het al by her­ha­ling ge­sê dat me­nings­pei­lings be­wys dat hy Do­nald Trump (69), die Re­pu­bli­kein­se kan­di­daat, ver­der sal kan klop as wat C­lin­ton sou kon.

Trump het geen Re­pu­bli­kein­se teen­stan­ders ge­had in die voor­ver­kie­sing nie en kom al hoe na­der aan die 1 237 af­ge­vaar­dig­des wat hý sou be­no­dig om as die Re­pu­bli­kein­se par­ty se pre­si­dents­kan­di­daat aan­ge­wys te word.

Fo­to: REUTERS

Ber­nie San­ders

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.