Denel moet wys sa­ke was wet­tig

Ban­de met Gup­tas in kol­lig

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Denel moet die do­ku­men­te wat be­ves­tig dat hy aan die wets­ver­eis­tes oor fi­nan­si­ë­le be­stuur in die om­stre­de Gup­ta-ven­noot­skap vol­doen het, aan die par­le­ment voor­lê.

Hy sal ook die een of an­der tyd sy kant van die saak oor die ven­noot­skap tus­sen Denel en VR La­ser in A­sië in die teen­woor­dig­heid van die te­sou­rie en die de­par­te­ment van o­pen­ba­re on­der­ne­mings aan die par­le­ment moet ver­skaf.

Denel-ver­teen­woor­di­gers het gis­ter voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings ver­skyn na aan­lei­ding van me­di­a­be­rig­te oor dié wa­pen­ver­vaar­di­ger se ven­noot­skap met VR La­ser en die af­dan­king van sy uit­voe­ren­de hoof en an­der werk­ne­mers.

Od­wa Mhla­wa­na, waar­ne­men­de fi­nan­si­ë­le hoof, het aan die ko­mi­tee ge­sê die re­de vir die ven­noot­skap met VR La­ser is om ’n voet in die Oos-A­si­a­tie­se ver­de­di­gings­mark te kry, ver­al in In­dië, wat vin­nig groei.

Vol­gens hom doen VR La­ser al die af­ge­lo­pe 15 jaar sa­ke met Denel.

Salim Es­sa, ’n Gup­ta-sa­ke­ven­noot, se El­ga­sol­ve be­sit 64,9% van VR La­ser. 25,1% be­hoort aan Cray­su­re In­ves­t­ments, wat aan We­st­da­wn In­ves­t­ments van die Gup­tas en p­res. Ja­cob Zu­ma se seun Du­du­za­ne be­hoort.

Vol­gens Mhla­wa­na het VR La­ser in 2013 ’n kon­trak van so­wat R400 mil­joen met Denel ge­sluit om 264 Bad­ger-voer­tuie te ver- vaar­dig.

Oor die In­die­se mark het Mhla­wa­na ge­sê Denel was so­wat tien jaar lank op ’n swart­lys daar. Sy naam is van die swart­lys ver­wy­der na­dat be­vind is hy het geen oor­tre­ding daar be­gaan nie.

Tot­dat hy op die swart­lys ge­plaas is, het Denel meer as R500 mil­joen aan sa­ke­ont­wik­ke­ling daar be­stee.

VR La­ser het as moont­li­ke ven­noot R100 mil­joen om by te dra tot sa­ke­ont­wik­ke­ling en be­dry­wig­he­de in A­sië en sal ook die be­mar­king en ver­vaar­di­ging daar han­teer, vol­gens Denel.

Da­niel Mantsha, voor­sit­ter van Denel se di­rek­sie, het aan die ko­mi­tee ge­sê Denel het aan al­le wet­ge­wing vir die ven­noot­skap vol­doen.

“Die feit is dat ons (Denel) die na­si­o­na­le te­sou­rie en die de­par­te­ment van o­pen­ba­re on­der­ne­mings voor­af van die ven­noot­skap in ken­nis ge­stel het.”

Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het vroe­ër ge­sê die te­sou­rie het die ven­noot­skap nooit goed­ge­keur nie.

Gord­han en Denel ver­ga­der op 25 Mei oor die aan­ge­leent­heid.

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-woord­voer­der oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het ná die ko­mi­tee­sit­ting ge­sê die DA sal nie rus nie tot­dat die Gup­tas aan al­le SuidA­fri­ka­ners re­ken­skap gee van “die o­ën­skyn­lik mil­jar­de ran­de wat hul­le deur ons staats­kas ge­plun­der het”.

Fo­to: HANLIE KONIG

Salim Es­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.