Kerk pos sy on­wet­tig ver­ko­se raad

Beeld - - Nuus - Ro­man­tha Bo­tha

Die kerk­raad van die NG kerk S­tan­ford in die Wes-Kaap is af­ge­dank na­dat vroe­ër be­vind is dat hy “on­wet­tig” ver­kies is.

Die raad van vyf le­de on­der lei­ding van ds. Neil Ol­wa­gen is vol­gens ds. Ko­bus P­re­to­ri­us, voor­sit­ter van die ring­kom­mis­sie van Ca­le­don, on­gel­dig ver­klaar.

P­re­to­ri­us het die saak on­der­soek.

“Die ring­kom­mis­sie het baie lank pro­beer om op ’n pas­to­ra­le ma­nier met die raad in ge­sprek te tree, hom te on­der­steun en te help om goeie be­slui­te te neem na­dat ds. Ol­wa­gen ge­skors is,” het P­re­to­ri­us gis­ter ge­sê.

Ol­wa­gen is vroe­ër van­jaar ge­skors om­dat hy lid­ma­te weer ge­doop het.

Die NG Kerk ver­werp die twee­de doop.

“Ná ’n amp­te­li­ke on­der­soek is ag­ter­ge­kom dat die ge­skors­te kerk­raad nie wet­tig ver­kies is nie en dus is sy be­slui­te on­gel­dig.”

P­re­to­ri­us het ge­sê die ring­kom­mis­sie van Ca­le­don het die be­stuurs­funk­sies van die kerk oor­ge­neem en al­le be­stuurs­be­slui­te sal voort­aan deur hul­le ge­neem word.

“Dit is te ver­sta­ne dat se­ke­re lid­ma­te steeds e­mo­si­o­neel oor die saak is, nie die saak ten vol­le ver­staan nie en ook hul eie af­lei­dings maak,” het P­re­to­ri­us ge­sê.

“Die si­no­de van die Wes-Kaap het on­der­neem om die NG ge­meen­te S­tan­ford in dié moei­li­ke tyd by te staan en te ver­se­ker dat die be­die­ning daar voort­gaan.”

P­re­to­ri­us het teen gis­ter­mid­dag laat nog nie vrae oor die ver­kie­sing van ’n nu­we kerk­raad be­ant­woord nie.

Ol­wa­gen kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.