Nu­we ken­ners sal ge­tuig, sê Tim No­a­kes

Beeld - - Nuus - – News24 Prof. Tim No­a­kes

Kaap­stad. – Nu­we “wê­reld­klas­kun­di­ges” sal as ge­tui­es ge­roep word wan­neer sy tug­ver­hoor in Ok­to­ber her­vat word, sê prof. Tim No­a­kes.

Maar dié kamp­veg­ter vir die Ban­ting­di­eet wil nie sê wie hul­le is nie.

“Ek kan nie wag (dat die ver­rig­tin­ge her­vat word) nie,” het hy Dins­dag­aand ge­sê. “Ek voel ons het ons saak reeds ge­stel, maar ons het be­sluit ons sal dit net ver­sterk.”

No­a­kes hou vol hy is ge­vin­di­keer in sy tug­ver­hoor, waar­in hy daar­van be­skul­dig word dat hy on­kon­ven­si­o­ne­le en on­we­ten­skap­li­ke raad via so­si­a­le me­dia ge­gee het en hom aan wan­ge­drag skul­dig ge­maak het.

Die klag teen No­a­kes, wie se boek The Re­al Me­al Re­vo­lu­ti­on ’n la­e­kool­hi­draat-, ho­ë­vet-di­eet (LKHV) voor­staan, is by die Raad vir Ge­sond­heids­be­roe­pe van SuidA­fri­ka (RGBSA) in­ge­dien weens sy twiet aan ’n ma wat hom raad oor ba­ba­voe­ding en bors­voe­ding ge­vra het. Sy raad aan haar was om haar ba­ba op ’n LKHV-di­eet te speen.

Toe sy tug­ver­hoor vroe­ër aan die gang was, was No­a­kes die we­ten­skap­li­ke met die 38ste groot­ste ge­tal T­wit­ter-vol­ge­lin­ge en die 30ste ge­wild­ste twie­ter oor oor­ge­wig.

Hy het aan­ge­voer die toe­koms van ge­nees­kun­de lê op die in­ter­net en in so­si­a­le me­dia en dis waar men­se hul in­lig­ting sal kry – “in die wys­heid van die me­nig­te”.

Die tug­ver­hoor word op 17 Ok­to­ber her­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.