Meer as dui­send pla­ne­te ont­dek

Beeld - - Nuus - Elsabé Brits

Na­vor­sers het nóg 1 284 pla­ne­te bui­te die son­ne­stel­sel met die Ke­pler-ruim­te­te­le­skoop ge­ï­den­ti­fi­seer.

Dit is die mees­te pla­ne­te wat op een slag deur die Ke­pler ge­ve­ri­fi­eer is, sê Nasa.

“Dit gee ons hoop dat ons uit­ein­de­lik ie­wers, om ’n ster baie soos ons eie son, nog ’n aar­de sal ont­dek,” sê dr. El­len S­tofan, hoof­we­ten­skap­li­ke van Nasa.

Ke­pler het 4 302 moont­li­ke pla­ne­te ge­ï­den­ti­fi­seer en uit­ein­de­lik 1 284 uit­ge­son­der as pla­ne­te.

Die waar­skyn­lik­heid dat dit pla­ne­te is, is meer as 99%. Dit is die mi­ni­mum ver­eis­te wat ge­stel word om ’n lig­gaam as ’n pla­neet die klas­si­fi­seer.

Nog 1 327 moet ver­der be­kyk word, 707 is net die een of an­der as­tro­no­mie­se ver­skyn­sel en die res is voor­wer­pe wat reeds uit­ge­ken is.

Met die te­le­skoop kan ge­sien word hoe die hel­der­heid van lig- ga­me wis­sel wan­neer hul­le voor hul son ver­by be­weeg.

Meer as een pla­neet kan op ’n slag be­kyk word deur sta­tis­tie­se ont­le­ding.

Nasa ver­dui­de­lik dié me­to­de so: P­leks daar­van om brood­krum­mels een-een van die grond af op te tel, kan ’n he­le sak krum­mels op een slag op­ge­tel word (of­te­wel pla­ne­te ge­ï­den­ti­fi­seer word) deur ’n be­sem en skop­pie (sta­tis­tie­se ont­le­ding) te ge­bruik.

So­wat 550 aard­ag­ti­ge pla­ne­te is al ge­vind waar­van 30 in ’n be­woon­ba­re so­ne is.

’n Be­woon­ba­re so­ne be­te­ken dat die pla­neet nie so ver van sy ster is dat dit v­ries nie en ook nie so na­by dat dit ’n ko­ken­de hel is nie. Dit kan be­te­ken dat vloei­ba­re wa­ter in ri­vie­re en o­se­a­ne op die op­per­vlak kan ver­sa­mel, wat no­dig is vir le­we.

Dit is moont­lik om die lig te ont­leed en so die che­mie­se sa­me­stel­ling van die at­mos­feer te be­paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.