Ro­wers buit duur par­fuum in C­licks

Beeld - - Nuus - – Nombulelo Manyana

Vyf def­tig ge­kle­de klan­te, vier mans en ’n vrou, het pre­sies ge­weet wat hul­le in die C­licks-tak in die Ro­se­bank Mall in Jo­han­nes­burg wou hê: duur par­fuum.

“Hul­le het goed ge­lyk. Jy sou nie sê hul­le kom steel nie,” sê ’n kas­sier.

Die vyf het kort ná mid­dag­e­te in­ge­stap, reg­uit na die skoon­heid­s­toon­bank.

Een van die mans het aan die kas­sie­re ge­sê om stil te bly en te doen wat hul­le sê.

“Hul­le het ge­weet wat hul­le soek. Hul­le het ge­vra vir Bu­gat­ti-, Hugo Boss-, Je­an Paul- en an­der par­fuum.”

Toe een van die kas­sie­re be­gin huil en skree, het die ro­wers ’n vuur­wa­pen aan hul­le ge­wys. Hul­le het die par­fuum in ’n sak ge­sit en uit­ge­stap.

“Ons was al­mal bang. Ek is nou ou­kei, maar die skok sal se­ker la­ter in­skop.”

Sy sê die an­der klan­te was ge­skok en kon nie eens be­weeg nie.

Maj. Mack Mn­go­me­zu­lu, po­li­sie­woord­voer­der, sê die par­fuum is so­wat R50 000 werd.

Die po­li­sie sal beeld­ma­te­ri­aal on­der­soek om die ro­wers te i­den­ti­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.