Jý hoes vir dié Gup­ta­myn

Suid­A­fri­kaan­se be­las­ting­be­ta­lers is ook ver­loor­ders wat be­tref ’n u­raan­myn­tran­sak­sie met die Gup­tas waar­in die Ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie hon­der­de mil­joe­ne ran­de ver­loor het, skryf Al­lis­ter S­parks.

Beeld - - Nuus - NOK help met geld P­res. Ja­cob Zu­ma en A­tul Gup­ta in 2012 by ’n T20­krie­ket­wed­stryd op die Wan­de­rers. Myn nie le­wens­vat­baar

Do­mi­ni­on Reefs is ’n uit­ge­strek­te reg­hoe­ki­ge gra­nie­t­op­per­vlak, so­wat 40 km suid­wes van K­lerks­dorp in Noordwes, wat deur u­raan- en goud­dra­en­de kwarts­riw­we be­dek is. Dit was die af­ge­lo­pe ses jaar die speel­plek van die Gup­ta-fa­mi­lie, dank­sy ’n tran­sak­sie wat hul­le tot nou toe in werk­lik­heid am­per niks ge­kos het nie, maar wat waar­skyn­lik uit­ein­de­lik ’n ver­lies van hon­der­de mil­joe­ne ran­de vir die staat gaan mee­bring.

Die fo­kus­punt van die fa­mi­lie se be­lang is ’n myn be­kend as Do­mi­ni­on Riet­kuil Ura­ni­um, wat deur tal­le han­de is voor­dat dit in A­pril 2010 in dié van die Gup­tas be­land het en hul­le dit tot S­hi­va Ura­ni­um her­doop het.

Die Gup­tas het die myn vir hul maat­skap­py Oak­bay Re­sour­ces and E­ner­gy saam met ’n groep swart-e­ko­no­mie­se-be­mag­ti­ging-min­der­heids­aan­deel­hou­ers met ANC-ban­de ge­koop. Een hier­van is be­kend as Ma­ben­ge­la In­ves­t­ments, wat deur p­res. Ja­cob Zu­ma se seun Du­du­za­ne en die jong­ste Gup­ta-broer, Ra­jesh “To­ny” Gup­ta, be­sit word. Hul­le het S­hi­va Ura­ni­um vir die weg­gee­prys van $37,3 mil­joen (des­tyds so­wat R275 mil­joen) be­kom teen ’n ge­raam­de ver­lies van $242 mil­joen vir die vo­ri­ge eie­naars, ’n Ka­na­de­se maat­skap­py be­kend as Ura­ni­um One, wat dit nie ont­gin het nie om­dat dit nie wins­ge­wend sou wees nie.

Die tran­sak­sie is vir die Gup­tas moont­lik ge­maak dank­sy ’n le­ning van R250 mil­joen van die staats­be­heer­de Ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie (NOK), wat na be­we­ring deur pre­si­den­si­ë­le in­gry­ping ge­fa­si­li­teer is.

Voeg daar­by drie om­vat­ten­de le­nings van et­li­ke Suid-A­fri­kaan­se ban­ke (wat al­mal se­dert­dien Oak­bay se re­ke­nin­ge ge­sluit het) en dit word dui­de­lik die Gup­tas het nie no­dig ge­had om hand in eie sak te steek om wat as een van die groot­ste u­raan­my­ne ter wê­reld be­stem­pel word te be­kom nie.

Die NOK-le­ning moes teen A­pril 2013 te­rug­be­taal word, maar dit is nie – ver­moe­de­lik om­dat Oak­bay ge­suk­kel het om die myn wins­ge­wend te be­dryf. ’n Jaar la­ter het die NOK in­ge­stem om die le­ning met ren­te en al af te skryf in ruil vir ’n piep­klein aan­deel­hou­ding van 3,7% in Oak­bay.

Dit bly ’n raai­sel hoe­kom die NOK ’n tran­sak­sie be­klink het wat so voor­de­lig vir die Gup­tas was.

Maar daar is ’n vang­plek in wat an­der­sins die groot­ste myn­winsko­pie van die eeu vir die Gup­tas sou wees.

Vol­gens Pe­ter S­ke­at, ’n ve­te­raan­myn- en si­vie­le in­ge­ni­eur wat die myn eens be­sit het, het hy ná ’n lang on­der­soek be­sef die groot hoe­veel­heid u­raan kon weens die lae graad nie wins­ge­wend teen vry­e­mark­pry­se ont­gin en ge­pro­du­seer word nie.

Die S­hi­va-myn is dus, on­danks sy groot­te, ’n nul op ’n kon­trak.

“Ek het die myn van die Ang­lo A­me­ri­can-kor­po­ra­sie ge­koop, wat dit voor die Ka­na­de­se be­sit het,” ver­dui­de­lik S­ke­at. “Ang­lo het in die 80’s mil­joe­ne aan om­vang­ry­ke eks­plo­ra­sie en toet­se be­stee voor­dat hy uit­ein­de­lik be­sluit het hy kan nie goed­keu­ring vir die ont­gin­ning van die af­set­ting steun nie, om­dat die o­pe­ra­sie mar­gi­naal sou wees.”

S­ke­at het ’n Ang­lo-ver­slag oor die myn se u­raan­af­set­tings aan my ge­wys, wat hy van­weë die nou­ge­set­te be­son­der­he­de en die fyn sil­wer bind­werk die “sil­wer by­bel oor Do­mi­ni­on” ge­doop het. Daar­in het ne­ge voor­ste ge­o­loë die re­sul­ta­te van die Ang­lo-eks­plo­ra­sie­pro­gram by Do­mi­ni­on af­ge­te­ken. Hier­die ver­slag il­lus­treer die lae graad van u­raan wat in die Do­mi­ni­on-riw­we aan­ge­tref word en die reg­streek­se oor­saak van die hoë pro­duk­sie­kos­te daar. “Ek het die myn in 1997 ge­koop om­dat ek baie er­va­ring ge­had het om klein o­pe­ra­sies te laat werk. Ek het ge­dink ek het ’n be­ter kans as ’n groot on­der­ne­ming soos Ang­lo om dit te laat werk. Ons het ’n suk­ses­vol­le goud­o­pe­ra­sie daar be­dryf en het daar­die jaar die prys vir die bes pres­te­ren­de goud­aan­deel ont­vang. In­tus­sen het ons aan­ge­hou om Do­mi­ni­on te e­va­lu­eer tot­dat ons uit­ein­de­lik aan­vaar het dat dit weens die heer­sen­de u­raan­pry­se nie le­wens­vat­baar is nie.”

S­ke­at se sy­fers is ont­hut­send. Die ge­mid­del­de u­raan­erts in die myn is so­wat 0,33 kg per ton. Dit ver­oor­saak in­di­rek dat pro­duk­sie meer as $100 per pond kos. Die ge­mid­del­de mark­prys vir u­raan die af­ge­lo­pe 30 jaar was min­der as die helf­te hier­van. Die hui­di­ge prys is vol­gens die jong­ste Mi­ning Jour­nal $28,25.

Die re­de vir die lae mark­prys is dat u­raan taam­lik al­ge­meen voor­kom en daar ’n groot oor­aan­bod in die wê­reld is.

“Daar is ’n reu­se-hoe­veel­heid u­raan in hier­die myn,” sê S­ke­at, “maar dis soos sand in die Sa­ha­ra.” Hy raam die myn se werk­li­ke waar­de spot­ten­der­wys op ’n en­ke­le dol­lar – vir die wei­reg­te!

Hoe­kom het die Gup­tas dan die S­hi­va Ura­ni­um-myn ge­koop? S­ke­at meen hul sa­ke-er­va­ring is tot die han­del­sek­tor be­perk en hul­le ver­staan dus nie die myn­we­se nie. Daar kan eg­ter ’n an­der re­de wees. Dit hou ver­band daar­mee dat die Gup­ta- en die Zu­ma-fa­mi­lie in ’n sim­bi­o­tie­se ver­hou­ding saam­werk om me­kaar te help ver­ryk. As deel hier­van het Ja­cob Zu­ma toe­na­de­ring ge­soek tot Wla­di­mir Poe­tin, die Rus­sie­se pre­si­dent, om ’n tran­sak­sie te pro­beer be­klink wat sou be­hels dat Ro­satom, die Rus­sie­se staats­be­heer­de kern­maat­skap­py, ses tot agt kern­krag­sta­sies vir E­s­kom bou.

On­ge­twy­feld is ver­wag dat S­hi­va Ura­ni­um die brand­stof vir daar­die kern­krag­sta­sies sou ver­skaf om die e­lek­tri­si­teit te ge­ne­reer wat ons oor die vol­gen­de 20 tot 30 jaar no­dig gaan hê. In daar­die ge­val sou die Gup­tas ’n groot slag uit hul be­leg­ging ge­slaan het.

Die­self­de geld die Zu­mas, dank­sy hul aan­deel­hou­ding in Oak­bay deur Ma­ben­ge­la, wat die voer­tuig blyk te wees vir die Zu­ma-fa­mi­lie se aan­deel in die Gup­tas se ge­kaap­te staats­on­der­ne­mings. Jy sou dit die fa­mi­lie se Zup­ta­mo­biel kon noem.

Ons weet dat Zu­ma Rus­land vyf keer be­soek het vir sa­me­spre­kings met so­wel Poe­tin as dié se on­mid­del­li­ke voor­gan­ger, D­mitri Med­we­def; dat sy ka­bi­net dit eens was dat Suid-A­fri­ka se ge­raam­de toe­koms­ti­ge krag­ver­bruik 9 600 MW kern-ge­ge­ne­reer­de krag verg; en, meer on­langs, dat do­ku­men­te wat in ’n hof­saak voor­ge­lê is, ont­hul dat die mi­nis­ter van e­ner­gie, Ti­na Joe­ma­tPet­ters­son, ’n kon­sep-oor­een­koms met Rus­land op­ge­stel het om die kern­re­ak­tors te koop.

Et­li­ke kern­spe­si­a­lis­te het ge­raam dat die tran­sak­sie die te­sou­rie so­wat R1 000 mil­jard sou kos. Daar is sterk aan­dui­dings dat Pra­vin Gord­han en Nhlanhla Ne­ne, ons on­lang­se mi­nis­ters van fi­nan­sies, die kos­te as on­be­kos­tig­baar be­skou en ge­wei­er het om dit te mag­tig. Dit is hoe­kom Zu­ma Gord­han na ’n min­der be­lang­ri­ke por­te­feul­je ver­skuif en toe Ne­ne af­ge­dank het en deur die in­skik­li­ker “Des” van Rooy­en wou ver­vang.

Soos ons al­mal weet, het daar­die on­ver­skil­li­ge daad die rand laat tui­mel en die land in ’n gel­de­li­ke ver­knor­sing laat be­land.

Na­ma­te die he­le ris­kan­te tran­sak­sie ont­ra­fel het, het die ban­ke Oak­bay se re­ke­nin­ge ge­sluit, het die ou­di­teurs­maat­skap­py KPMG sy ver­hou­ding met die Gup­tas be­ëin­dig en het Sas­fin, hul aandelebeurs-borg, hul­le ver­saak.

Die Gup­tas het die land ver­laat en na Du­bai ge­vlieg, wat be­rug is weens sy fi­nan­si­ë­le laks­heid. Hul­le het groot hoe­veel­he­de ba­ga­sie saam­ge­neem, waar­van som­mi­ge na be­we­ring vol geld was.

Was ’n deel daar­van NOK­geld? Ons weet nie. Maar in die heer­sen­de cha­os is een ding dui­de­lik: Die NOK het be­slis hon­der­de mil­joe­ne in die tran­sak­sie ver­loor, en dit is óns geld.

Ons, die be­las­ting­be­ta­lers, is aan die ver­loor­kant. Die­self­de geld die 7 500 Oak­bay-werk­ne­mers wat nie be­taal kan word nie om­dat die ban­ke die maat­skap­py se re­ke­nin­ge ge­sluit het.

In­tus­sen bly Zu­ma pre­si­dent van ons land. Hy het niks ver­loor in hier­die jong­ste toe­voe­ging tot sy skok­ken­de lys skan­da­le nie.

B­reinknoop Zitts S­tof­fel

Fo­to: GCIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.