Weer tyd vir kol­lig op skolerugby met nu­we baad­jie

Beeld - - Nuus -

Die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee is eer­gis­ter be­kend ge­stel en dit is nou die nu­we naam van die tra­di­sie­ry­ke sko­le­rug­by­kom­pe­ti­sie en ge­sog­te tro­fee. Meer 800 sko­le­span­ne van 180 sko­le in Gau­teng, Lim­po­po, Noordwes en M­pu­ma­lan­ga neem van­jaar deel.

Die ver­se­ke­rings­maat­skap­py Vir­se­ker se toe­tre­de as nu­we hoof­borg ver­sterk die kom­pe­ti­sie en bring nu­we en in­no­ve­ren­de in­set­te na die ta­fel. Na­mens

en Noord­vaal Skolerugby, baie wel­kom. Acti­on Ford het ook as ’n me­de­borg toe­ge­tree en neem deel met ’n in­te­res­san­te prys­kom­pe­ti­sie waar­deur sko­le ’n Ford Tour­neo-bus­sie ter waar­de van R660 000 kan wen.

Skolerugby is een van die be­lang­rik­ste sko­le­spor­te in ons le­sers­ge­bied en dra by tot die ont­wik­ke­ling van jong sport­man­ne – het­sy as bui­te­muur­se ak­ti­wi­teit of tot ver­de­re hoog­tes vir die­ge­ne wat in hul sport wil pres­teer.

By die be­kend­stel­ling van van­jaar se tro­fee­kom­pe­ti­sie in P­re­to­ria het ver­skeie ken­ners ge­wys op die be­lang­rik­heid van wed­y­we­ring in so ’n reeks.

Dit leer deel­ne­mers om te fo­kus op ’n wen­doel­wit, hoe om oor­win­ning te han­teer, maar ook hoe om te­leur­stel­ling te ver­werk. Dit be­rei hul­le voor vir die druk van me­de­din­gen­de en pro­fes­si­o­ne­le na­skool­se sport, as­ook die le­we, is aan­ge­voer.

Daar is eg­ter ook die­ge­ne wat waar­sku dat die wen­mo­tief in sko­le­sport soms te ver ge­voer word en lei tot oor­dre­we druk op kin­ders.

Dit is die plig van el­ke skool, af­rig­ters, ou­ers en die kin­ders self om toe te sien dat ’n ge­son­de me­de­din­gen­de gees ge­hand­haaf word. Dit sluit in die uit­ska­ke­ling van on­no­dig straf oe­fen­me­to­des en die ge­bruik van ver­bo­de en an­der groei­mid­dels. Uit­ein­de­lik moet al­le deel­ne­mers dit ge­niet.

Die rug­by­le­gen­de Naas Bo­tha het ook ge­vra: “Is dit nie mis­kien tyd dat ons af­rig­ters die kin­ders wat ta­lent het, laat speel en die wed­stryd­plan so ’n bie­tjie weg­pak nie?”

sal ou­der­ge­woon­te Maan­dae ver­slag doen oor die kom­pe­ti­sie.

Deur ons be­trok­ken­heid by die kom­pe­ti­sie leef ons die koe­rant se slag­spreuk uit: “Jou wê­reld, jou koe­rant”. Dit bly vir be­lang­rik om deel te wees van sy le­sers se leef­wê­reld op ver­skeie ter­rei­ne en die Vir­se­ker-Beeld­tro­fee is ’n be­lang­ri­ke voor­beeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.