Bly weg uit Mo­sam­biek!

Brie­we

Beeld - - Nuus - Pie­ter Gro­bler van Si­no­vil­le skryf:

Mo­sam­biek het ont­aard in ’n geld­slur­pen­de monster waar kor­rup­te po­li­sie va­kan­sie­gan­gers on­be­skaamd van hul kos­ba­re va­kan­sie­geld be­roof.

’n Paar jaar ge­le­de was ons op pad van Bi­le­ne na Xai-Xai toe ons voor Xai-Xai voor­ge­keer en met in­heg­te­nis­ne­ming ge­dreig is bloot om­dat my vrou die brug af­ge­neem het. Ons moes kies om ’n “boe­te” te be­taal of ge­ar­res­teer te word. Die po­li­sie was nie te­vre­de met die be­drag wat ons by ons ge­had het nie. Ek maak toe my beur­sie oop om te wys daar is nie meer geld nie. Een van hul­le sien toe my kre­diet­kaart raak en be­veel my om hul­le te volg na ’n kits­bank on­ge­veer 4 km daar­van­daan. Hier word ek toe be­veel om geld te trek of hul­le ar­res­teer my. Nood­ge­dwon­ge het ek toe maar die “boe­te” be­taal so­dat ek my pas­poort, be­stuurs­li­sen­sie en voer­tuig­do­ku­men­te kon te­rug­kry.

Hier­na het ons ge­hoor die si­tu­a­sie het ver­be­ter. Ga, al­ler­mins.

Die on­lang­se lang­na­week is ons in ’n kon­vooi van vyf voer­tuie na Pon­ta do Ou­ro. In Pon­ta aan­ge­kom, stop ons en wag dat die res by ons aan­sluit. Net toe die der­de voer­tuig langs ons stil­hou, trek ’n on­ge­merk­te, ver­waar- loos­de “po­li­sie­voer­tuig” voor ons in. ’n Man in pri­va­te kle­re (wat vir ons on­der die in­vloed van drank ge­lyk het) be­veel ’n an­der een op die voer­tuig (met ’n AK47 in die lug) om ons do­ku­men­te af te neem. Hier­na word ons na die po­li­sie­sta­sie be­ge­lei waar ons ’n uur en ’n half “on­der­vra” word. Met die hulp van ’n Por­tu­ge­se man in ons ge­sel­skap hoor ons toe dat die oor­tre­ding “dou­ble par­king” was. Ons moes ’n “boe­te” van R1 500 be­taal wat ons tolk ver­min­der kon kry na R1 000. Net voor­dat ons vry­ge­laat word, kom die (be­so­pe?) man die ver­trek weer bin­ne, blaf kort­af be­ve­le en dring op nog R1 500 aan. Eers daar­na word ons toe­ge­laat om met ons va­kan­sie voort te gaan.

La­ter ver­neem ons van va­kan­sie­gan­gers wat die nag in sel­le deur­ge­bring het en waar­van twee die vol­gen­de dag elk R5 000 moes be­taal. Soos in ons ge­val het hul­le geen kwi­tan­sie ge­kry nie ter­wyl al­mal oog­ge­tuie was van hoe die amp­te­naar die geld in sy broek­sak druk.

Wees dus as­se­blief ge­waar­sku – oor­weeg ’n va­kan­sie in Mo­sam­biek en be­gin lank voor die tyd spaar om om­koop­geld te kan be­taal. Mo­sam­biek sien ons nooit, ooit weer nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.