W­Kaap is skoon en taxi’s ry or­dent­lik

Beeld - - Nuus - Pe­tro Ey­se­le van Ha­zel­de­an skryf:

Ons was on­langs op be­soek aan die Suid- en Wes-Kaap, en wat ’n be­le­we­nis was dit nie!

Al­les is so mooi skoon, daar lê nie ’n pa­pier­tjie rond nie en daar hang ook nie plas­tiek­sak­ke aan boom­tak­ke nie.

Geen be­de­laar en boe­me­laar is op die straat­hoe­ke of langs paaie te be­speur nie en ook geen straat­ver­ko­pers wat jou gek maak in die an­der pro­vin­sies nie!

Dit was won­der­lik om te sien hoe or­dent­lik die taxi’s ry, nie soos hier in Gau­teng, waar hul­le hul eie stel re­ëls het nie!

Hier in Gau­teng is in elk ge­val ook geen ver­keers­be­amp­tes wat taxi’s en an­der be­stuur­ders wat oor­tree, kan vang nie.

Die paaie daar is ook prag­tig en lek­ker ry­baar, am­per nê­rens is daar ’n slag­gat te be­speur nie.

Daar is oral sig­ba­re po­li­si­ë­ring en hul­le is be­sig om hul werk te doen. Dié wat jou wel voor­keer vir ’n roe­ti­ne-in­spek­sie, is baie vrien­de­lik. In hier­die pro­vin­sie, kan ’n mens sien, is diens, reg en or­de.

Van die Suid-Kaap na die Oos-Kaap be­leef ons toe ’n ont­set­ten­de skok.

Toe ons die klei­ne dor­pie Hu­mans­dorp bin­ne­gaan, sien ons hoe vuil die stra­te is en hoe die taxi’s ook maar hul eie stel re­ëls het! Dit is as­of jy te­rug in Gau­teng is! Vroe­ër was Hu­mans­dorp ’n prag­ti­ge plek­kie waar jy lek­ker in­ko­pies kon doen, maar soos dit nou daar lyk, voel geen mens lus om iets daar te koop nie.

En soos ons ver­der ry na Port E­li­za­beth se kant toe sien jy net hoe “blom” die prag­ti­ge na­tuur­skoon van al die plas­tiek­sak­ke en pa­pier­ag­ti­ge din­ge wat die plan­te pro­beer ver­sier, maar eint­lik net die om­ge­wing be­soe­del.

Ai, hoe­kom kan ons he­le Suid-A­fri­ka nie soos die Suid- en Wes-Kaap lyk nie?

Ons het so ’n prag­ti­ge land en baie toe­ris­te kom hier­heen, maar wat gaan ver­tel hul­le van ons land daar an­der­kant? Be­slis nie goeie din­ge nie.

Kom ons pro­beer hard om ons land so ’n bie­tjie op te hef!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.