Stryd nie nét oor taal

Vir Na­ma­kwa­lan­ders en op die Kaap­se vlak­te is daar nie ’n stryd om taal­oor­le­wing nie, skryf Er­nest Mes­si­na. Hul­le praat net die taal. Kal­lie K­riel vra A­fri­kaans­spre­ken­des moet self hul toe­koms bou.

Beeld - - Nuus -

Kom­mu­ni­ka­sie bly ’n ne­te­li­ge kwes­sie. Veel­ta­lig­heid in ons land en die wy­se waar­op daar­mee tans om­ge­gaan word, be­lem­mer sa­me­ho­rig­heid en na­sie­bou. On­kun­de oor A­fri­kaans se ont­staans­ge­skie­de­nis en per­sep­sies en in­ge­steld­he­de skep ver­deeld­heid. Daar is in­der­daad krag in di­ver­si­teit en na­sie­bou wat ons moet na­streef deur ver­wel­ko­men­de lyf­taal.

Taal­chau­vi­nis­me het oor ja­re heen ge­groei en dik­wels word die ver­baas­de op­mer­king ge­maak: “Jy praat so mooi A­fri­kaans!” as sou die “mooi” ge­bruik van A­fri­kaans net bin­ne die ver­moë van se­ke­re ge­brui­kers val. Daar­deur word ge­sê dis ons taal as­of die ont­staans­ge­skie­de­nis al­leen maar aan een groep be­hoort.

Aan die voe­te van oor­le­de To­ny Links en Ja­kes Ger­wel aan die U­ni­ver­si­teit van WesKaap­land is ons as stu­den­te ge­leer dat A­fri­kaans as ’n kom­buis­taal be­gin het. In die ko­lo­ni­a­le tyd­perk het sla­we en die in­heem­se K­hoi­san des­tyds in die kom­buis ge­werk.

Ver­set teen A­fri­kaans

Die ver­set teen A­fri­kaans is weens die per­sep­sie en hou­ding dat A­fri­kaans aan een groep be­hoort. Die ska­de wat be­rok­ken is, is on­meet­baar. Die in­heem­se Na­ma­kwa­lan­ders en men­se van die Kaap­se vlak­te mar­sjeer nie vir A­fri­kaans nie. Hul­le be­sig die taal ge­woon net. Vir die mees­te van die­ge­ne is daar nie veel spra­ke van ’n stryd om taal­oor­le­wing nie.

Die ver­set teen En­gels is nie nuut vir A­fri­ka­ners nie. In 1938 is sterk stand­punt in­ge­neem teen En­gels. Dié jaar het saam­ge­val met ’n her­le­wing van A­fri­ka­ner-kul­tuur.

Die te­rug­gryp na die ver­le­de was ’n soe­ke na in­spi­ra­sie teen En­gel­se oor­heer­sing. Die sim­bo­lie­se os­se­wa­trek wat op 16 De­sem­ber 1938 met die hoek­steen­leg­ging van die Voor­trek­ker­mo­nu­ment af­ge­sluit is, het dié ge­voel ver­per­soon­lik.

Suid-A­fri­ka was toe lid van die B­rit­se Ryk. By amp­te­li­ke ge­leent­he­de moes “God Sa­ve the King” ge­sing word. “Die Stem”, met geen amp­te­li­ke sta­tus nie, is uit pro­tes by die mees­te fees­ge­leent­he­de ge­sing.

Die­self­de geld met die her­be­na­ming van stra­te. Ge­du­ren­de die 1938-trek het el­ke dorp en stad waar­deur die wa­ens ge­trek het nu­we straat­na­me ge­kry, soos Voor­trek­ker, Piet Re­tief, Kerk, Sa­rel Cil­liers en Dir­kie Uys – dik­wels son­der raad­ple­ging. Word die ge­skie­de­nis her­haal? Mis­kien slegs in so­ver­re rol­spe­lers en tyds­om­stan­dig­he­de ver­skil.

Die stryd gaan om ge­lyk­be­reg­ti­ging. Al­mal be­hoort as me­de­bur­gers mens­waar­dig be­han­del te word met er­ken­ning en aan­vaar­ding. Die stryd is nie net oor taal nie.

Toe­gang tot ge­ly­ke ge­leent­he­de en die ont­slui­ting van po­ten­si­aal is kar­di­naal be­lang­rik. Ons sa­me­le­wing bly skeef en on­ge­lyk – e­ko­no­mies, maat­skap­lik en op­voed­kun­dig.

Een van Suid-A­fri­ka se groot­ste tra­ge­dies is die on­kun­de jeens me­kaar. Ons ken nie me­kaar nie – en dik­wels nie ons eie ge­skie­de­nis nie. We­der­syd­se be­grip en ver­staan ont­breek steeds groot­liks. S­waar­kry het dik­wels nie kleur of taal ge­ken nie.

Ons moet be­sef dat die voor­oor­de­le wat be­staan deur ge­sind­heid en da­de kan ver­an­der. A­fri­kaans­spre­ken­de be­voor­reg­tes van die ver­le­de sal ’n paar treë moet gee op ’n an­der vlak as ver­sko­ning te moet vra of ma­te­ri­ë­le ryk­dom weg te gee.

Krag­da­dig­heid bring ri­si­ko

Ons moet ons sto­ries met me­kaar deel en be­reid wees om te luis­ter. Daar­deur ont­wik­kel al­mal em­pa­tie en be­grip. Om vas te klou en krag­da­dig te veg vir “ons” taal en wat ons eie is, is die ri­si­ko groot om nog meer te ver­loor. In dié op­sig is ons by ’n kruis­pad. Ons moe­nie uit ’n ge­voel van dwang me­de-Suid-A­fri­ka­ners as ge­ly­kes te moet aan­vaar nie. Al­mal kan en be­hoort trots Suid-A­fri­kaans te wees rond­om ’n ge­deel­de toe­koms­vi­sie. So­veel wel­wil­lend­heid en har­mo­nie kan ge­skep word.

Die af­dwing van A­fri­kaans se­dert die 1930’s en die So­we­to-op­stan­de in 1976 teen A­fri­kaans is nou op ’n pyn­li­ke wy­se be­sig om angs en kom­mer mee te bring.

Die kruis­pad vir dié wat die reis nog moet on­der­neem, lê eer­stens op ’n per­soon­li­ke en in­di­vi­du­e­le vlak. Ons moet diep bin­ne vre­de maak met ons di­ver­se land en al haar men­se.

In­dien in­di­vi­due ver­an­der, ver­an­der groe­pe en só word we­der­syd­se ver­troue ge­bou. Ge­moeds­rus en om met ons ge­we­te saam te leef, is uit­ein­de­lik waar­na ons moet streef. Daar­deur bou ons ’n eer­ba­re na­la­ten­skap vir ons na­ge­slag.

Mes­si­na is uit­voe­ren­de hoof van die A­fri­kaan­se Han­del­s­in­sti­tuut.

Die van­da­lis­me en ont­wrig­tings­werk van ’n groep ra­di­ka­le stu­den­te op u­ni­ver­si­teits­kam­pus­se die laas­te tyd wys dat daar steeds in­di­vi­due is wat hul i­de­a­le wil be­reik deur af te breek.

Dit is im­mers mak­li­ker om af te breek as om te bou. ’n Toe­koms wat uit ver­nie­ti­gings­werk ge­bo­re word, is ’n toe­koms van ag­ter­uit­gang en ver­val, wat geen bly­wen­de op­los­sing bied nie.

Dit is waar­om A­fri­ka­ners en die bre­ër A­fri­kaan­se taal­ge­meen­skap te mid­de van groot uit­da­gings en ’n kruis­pad in ons ge­skie­de­nis nou on­dub­bel­sin­nig moet kies om eer­der bou­ers te wees wat self­stan­dig aan ’n be­ter toe­koms bou. Dit ver­eis har­de werk en bied groot uit­da­gings, maar die re­sul­taat is so­veel be­ter, naam­lik ’n toe­koms waar ons bly­wend vry, vei­lig en voor­spoe­dig in A­fri­ka kan voort­be­staan.

Bou self­stan­dig ’n toe­koms

Om te kies om self­stan­dig ’n be­ter toe­koms te bou, is be­vry­dend, aan­ge­sien dit ’n keu­se is om nie ons toe­koms in die han­de van die ras­be­hep­te Zu­ma-re­ge­ring te laat nie. Ons ge­meen­skap is nie nood­wen­dig by mag­te om al die ne­ga­tie­we din­ge in ons land te ver­an­der nie, maar dit be­te­ken be­slis nie dat ons mag­te­loos is om dit te oor­kom deur self ons toe­koms in ons eie han­de te neem nie.

Die vraag is na­tuur­lik wat ons prak­ties moet doen om self vir ons ’n toe­koms te bou?

Eer­stens moet ons ver­se­ker dat ons ge­meen­skap sterk bur­ger­li­ke in­stel­lings het, aan­ge­sien sterk in­stel­lings ’n on­ont­beer­li­ke stuk ge­reed­skap in die han­de van ons ge­meen­skap is. Son­der sterk in­stel­lings is ons al­mal los­staan­de in­di­vi­due wat nie in staat sal wees om saam te bou aan die gro­ter toe­koms­pro­jek nie.

T­wee­dens moet ons op al­le ter­rei­ne ’n twee­le­di­ge toe­koms­bou­stra­te­gie volg.

Aan die een kant moet ons werk om die be­staan­de werk­lik­he­de waar­bin­ne ons ge­meen­skap ons be­vind te ver­be­ter tot voor­deel van A­fri­ka­ners en A­fri­kaans­spre­ken­des, maar na­tuur­lik ook tot voor­deel van al­mal in die land.

Dit word ge­doen deur on­der meer reg­stap­pe, die mo­bi­li­se­ring van in­ter­na­si­o­na­le steun, vreed­sa­me pro­tes­op­tre­des en be­din­ging met die o­wer­he­de.

Aan­ge­sien ons ’n be­ter toe­koms moet bou as een waar ons vir al­tyd vol­le­dig uit­ge­le­wer sal wees aan die werk­lik­he­de wat die o­wer­heid skep, moet ons ook daar­op fo­kus om ’n toe­koms te bou deur self­stan­dig­heids­op­tre­des waar­mee ons ge­meen­skap­pe self be­heer oor hul toe­koms kan neem.

Die goeie nuus is dat daar reeds tal­le voor­beel­de is waar ons ge­meen­skap­pe self­doen­op­tre­des met suk­ses pak. Een daar­van is die tal­le ge­meen­skaps­vei­lig­heids­i­ni­si­a­tie­we wat A­friForum en an­der rol­spe­lers reeds tot stand ge­bring het. Ook op die on­der­wys-, er­fe­nis-, maat­skap­li­ke en sa­ke­ter­rein is daar tal­le suk­ses­vol­le op­tre­des waar­mee A­fri­ka­ners en A­fri­kaans­spre­ken­des oor die al­ge­meen self­stan­dig ’n groot ver­skil maak om self ’n be­ter toe­koms te bou. Na­tuur­lik is nog meer sul­ke op­tre­des no­dig, maar daar be­staan reeds ’n ste­wi­ge ba­sis waar­op ons kan voort­bou.

Deel van DNS

Om self ’n toe­koms te bou, is ’n groot­se taak waar­voor som­mi­ge dalk nie kans sien nie. Ge­luk­kig is dit deel van ons DNS om toe­koms­bou­ers te wees. Uit ons ge­skie­de­nis is daar tal­le voor­beel­de van waar ge­wo­ne A­fri­ka­ners in moei­li­ke om­stan­dig­he­de bui­ten­ge­wo­ne din­ge kon reg­kry met hul vas­be­ra­den­heid om ’n be­ter toe­koms te bou.

Een van my guns­te­ling-aan­ha­lings wat hier­die vas­be­ra­den­heid il­lus­treer om ’n be­ter toe­koms te bou, is af­koms­tig uit ’n brief wat ’n on­be­ken­de vrou op 4 Au­gus­tus 1902 ná die ein­de van die Twee­de Vry­heids­oor­log ge­skryf het.

Sy skryf: “Daar is nou vre­de in die land, maar nie soos ons ver­wag het nie. Die twee klein Re­pu­blie­ke be­staan nie meer nie. Al­mal van ons, het ons wa­pens af­ge­gee. Maar ons moe­nie treur soos een wat geen hoop het nie. Ons moet glo en hoop en ver­trou. Ons be­sit op die oom­blik vier per­de, twee mui­le en ’n paar ska­pe. Gis­ter het ek ’n em­mer ko­ring ge­saai. So­dra ek kan, sal ek nog saai en plant. As Pa van Cey­lon af te­rug­kom, sal ons spoe­dig weer ’n boer­de­ry op die been kan bring.”

Kom ons put in­spi­ra­sie uit hier­die en an­der voor­beel­de van hoe ons voor­ge­slag­te aan ’n toe­koms ge­bou het.

K­riel is uit­voe­ren­de hoof van A­friForum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.