Leef in sy ge­na­de­rit­mes

Beeld - - Nuus - – S­te­phan Jou­bert

God is nie ’n werk­ver­slaaf­de nie. So skryf die be­ken­de te­o­loog Wal­ter Bru­eg­ge­mann in een van sy wer­ke.

Ook is God nie angs­tig aan die skar­rel om al­les in sy skep­ping in wer­ken­de toe­stand te pro­beer hou nie.

God is rus­tig. Hy is wie Hy is, al val die wie­le soms rond­om ons af.

God het nie ver­skuif van­af sy troon net om­dat ons dalk van po­si­sie ver­wis­sel het nie.

Hy is nie ver net om­dat ons Hom dalk as ver be­leef nie, of af­we­sig om­dat Hy nie pre­sies re­a­geer soos wat ons graag wil hê nie.

Nee, God is nie pas­sief nie. Hy is be­sig om sy ko­nink­ryk wê­reld­wyd te ont­plooi. Oor die aar­de heen ont­kiem nu­we mos­terd­saad­jies van God se ko­nink­ryk. Op baie plek­ke oor­wel­dig die drie-e­ni­ge He­re men­se met sy lief­de en ge­na­de.

God is oral aan die werk. Maar Hy doen dit teen sy eie ge­na­de­tem­po.

Leer by Hom. Leef al­tyd bin­ne sy ge­na­de­rit­mes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.