Stom­me Zu­ma praat so­waar oor Moody’s

Beeld - - Nuus -

Die gra­de­rings-a­gent­skap Moody’s se be­sluit om SuidA­fri­ka nie ver­der af te gra­deer nie en min­stens vir nou die ge­vrees­de rom­mel­sta­tus te spaar, is in­der­daad baie goeie nuus. En ja, be­slis ’n veer in die hoed vir Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, en sy hard­wer­ken­de te­sou­rie. En vir ver­skeie top­sa­ke­lui, wat heel­wat by­ko­men­de vlug­flou­heid op­ge­doen het om ons land se saak by die hard­kop­pi­ge bank­ba­se en be­leg­gers oor­see te gaan stel. Nou het p­res. Ja­cob Zu­ma so­waar die ver­me­tel­heid om ook in die koor te spring oor hoe die land se moei­te be­loon is met die aan­kon­di­ging. Kry hy nou nog nie die bood­skap nie? Dit is juis om­dat al­mal werk en praat teen die ska­de wat hy die e­ko­no­mie man­al­leen be­rok­ken het dat daar vor­de­ring is. En net hy het ons op die rand van rom­mel­sta­tus ge­had. As dit nie so ’n erns­ti­ge saak was nie, het Lood vir hom ’n Beeld S­pe­le­tjies­boek in die pos ge­gooi vir al die skryf­stof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.