Vyf o­pe­ra­hel­de sterf in Cen­tu­ri­on

Beeld - - Nuus -

Sem­p­re O­pe­ra het lank ge­wag vir die i­de­a­le da­tum vir hul jong­ste pro­duk­sie, die uit­voe­ring van vyf doods­to­ne­le uit be­ken­de o­pe­ras.

Dit vind Vry­dag om 19:00 in die Cen­tu­ri­on­te­a­ter plaas.

De­ath by O­pe­ra word uit­ge­voer deur so­lis­te van die ge­sel­skap, saam met hul in­stru­men­ta­le en­sem­ble on­der lei­ding van S­chalk van der Mer­we.

Ro­bert Ben­ch­ley, ’n A­me­ri­kaan­se joer­na­lis en ver­maak­lik­heid­ster van die 30’s, het ge­sê: “O­pe­ra is wan­neer ’n man in die rug ge­steek word, en p­leks daar­van dat hy bloei, sing hy.”

Die vyf doods­to­ne­le wat ge­sien en ge­hoor gaan word en wat meer­ma­lig ver­stom van­weë hul mu­si­ka­le skoon­heid, is dié uit Di­do and Ae­ne­as (Pur­cell), Don Gi­o­van­ni (Mo­zart), La bo­hè­me (Puc­ci­ni), Car­men (Bi­zet) en Ri­go­let­to (Ver­di).

Die so­lis­te is die so­pra­ne Dei­r­dré B­lig­naut-Rau­ten­bach, El­ri Er­wee en Ma­ri­na Bot­haS­pies; die mez­zo­so­pra­ne Auk­se T­rin­ku­nas en Li­net­te van der Mer­we; die te­no­re Coert Grobbelaar en S­té­fan Louw; die ba­ri­tons Lou­rens de Ja­ger, Chris­ti­aan Sny­man en Da­nie Ver­ster; en die bas­ba­ri­tons Rex Ni­gri­ni, Jo­han S­chee­pers en T­ha­bang Se­ne­kal.

Kaar­tjies kos R120 en is by die deur be­skik­baar.

Vir voor­af­be­spre­kings, e­lek­tro­nie­se in­be­ta­lings of meer in­lig­ting be­soek in­fo@sem­pre­o­pe­ra.co.za of www.sem­pre­o­pe­ra. co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.