Sin­ga­poer­pi­a­nis hier

Beeld - - Nuus -

Mel­vyn Tan, die Sin­ga­poers ge­bo­re pi­a­nis wat oor die af­ge­lo­pe by­kans drie de­ka­des wê­reldroem ver­werf het, bied ko­men­de na­week twee so­lo­kon­ser­te in Gau­teng en die Vry­staat aan.

Sa­ter­dag om 20:00 is hy in die Lin­der-ou­di­to­ri­um in Park­town, Jo­han­nes­burg, en Son­dag om 15:30 is hy in Sa­sol­burg waar hy sy kon­sert sal aan­bied in die E­tien­ne Ros­seau-te­a­ter.

Sy pro­gram be­staan uit mees­ter­wer­ke uit die 19de eeu se Ro­man­tie­se era deur vier kom­po­nis­te: S­chu­mann se Pa­pil­lons, o­pus 2, Beet­ho­ven se So­na­te no. 30 in E, o­pus 109, Carl C­zer­ny se Va­ri­a­sies op ’n te­ma van Ro­de en die vol­le­di­ge 24 P­re­lu­des, o­pus 28 van C­ho­pin.

Tan word as in­di­vi­du­a­lis­ties ge­re­ken en het al op­ge- tree in Am­ster­dam se Con­cert­ge­bouw, We­ne se Kon­zert­haus, Lon­den se Roy­al Fe­s­ti­val Hall en New York se Lin­coln Cen­ter.

Koop kaar­tjies by Com­pu­tic­ket of ’n uur voor die kon­sert by die lo­ket. Vir nog in­lig­ting bel Her­man van Nie­kerk by 083 228 2917.

Mel­vyn Tan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.