Brook­lyn vier sy 6de met koor­sim­fo­nie

Beeld - - Nuus -

Om die ses­de be­staans­jaar van P­re­to­ria se Brook­lyn­te­a­ter luis­ter­ryk te vier, bied die ar­tis­tie­ke be­stuur van die te­a­ter ’n uit­voe­ring aan van ’n koor­sim­fo­nie wat as ’n mees­ter­werk be­skou kan word: Men­dels­sohn se Sim­fo­nie no. 2 in B mol, o­pus 52, wat ook as die Lob­ge­sang (Lof­ge­sang) be­kend staan.

Be­ne­wens die Gau­teng P­hil­har­mo­nic Or­ches­tra (GPO) wat on­der lei­ding van Ger­ben Groo­ten sal op­tree, neem die pro­fes­si­o­ne­le koor van Pot­chef­stroom se Noordwes-U­ni­ver­si­teit e­wen­eens aan die uit­voe­ring deel, as­ook Il­ze Coet­zee, An­toi­net­te O­li­vier en Her­man T­heron as die vo­ka­le so­lis­te.

Die Lob­ge­sang word hier­die na­week twee keer uit­ge­voer: Sa­ter­dag om 20:00 en Son­dag om 15:00. Die te­a­ter is op die hoek van T­ho­mas E­di­son- en 13de Straat, Men­lo­park, P­re­to­ria. Kaar­tjies kos R160 tot R310. Ska­kel 012 460 6033 of be­soek www.brook­lynt­he­a­t­re.co.za om te be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.