Ki­wi’s bly bo met drieë

SA vaar be­ter as Aus­sies

Beeld - - Nuus - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Daar was in die ver­le­de ’n dui­de­li­ke lyn te trek tus­sen die SuidA­fri­kaan­se span­ne se drieë-droog­te en hul ge­paard­gaan­de ge­suk­kel in die Su­per­rug­by-reeks.

En dié sei­soen is geen uit­son­de­ring nie.

Suid-A­fri­ka se Su­per-span­ne be­leef nog­maals ’n ma­er jaar wat drieë be­tref. Die e­nig­ste troos is dat die Aus­tra­lie­se span­ne van­jaar selfs meer suk­kel om die doel­lyn oor te steek.

Daar was in die reeks nog al­tyd ’n kor­re­la­sie tus­sen die span­ne wat die mees­te druk en hul plek­ke op die pun­te­lys, selfs toe die Bul­le die kom­pe­ti­sie in 2009 en 2010 ge­wen het.

Net vier span­ne het ná die na­week se 11de ron­de meer as 30 liga­pun­te.

Al­mal is Nieu-See­land­se span­ne – die Cru­sa­ders (37), die C­hiefs (37), die High­lan­ders (32) en die Hur­ri­ca­nes (31).

On­der dié vier­tal tel ook die drie wat tot dus­ver die mees­te drieë gaan druk het.

Die C­hiefs is al 47 keer oor hul teen­stan­ders se doel­lyn en die Cru­sa­ders 42 keer. Die Hur­ri­ca­nes is in die der­de plek met 41 drieë.

Die C­hee­tahs is, dank­sy die ry­ke oes van 14 drieë wat hul­le in Bloem­fon­tein teen die Sun­wol­ves in­ge­ryg het, vier­de op die lys met 34 drieë. In die vyf­de plek is die Leeus (33). Die vyf Nieu-See­land­se span­ne het al saam 185 drieë ge­druk (ge­mid­deld 37 per s­pan) en die ses Suid-A­fri­kaan­se span­ne 162 keer (ge­mid­deld 27 per s­pan).

Die vyf Aus­sie-span­ne steek le­lik af met 120 drieë (24 per s­pan).

Hoe­wel die mees­te Suid-A­fri­kaan­se span­ne op die ke­per be­skou meer am­bi­sie op die aan­val het as ’n paar sei­soe­ne ge­le­de, kom en gaan dié be­dre­wen­heid.

Die Bul­le en die C­hee­tahs het by­voor­beeld die af­ge­lo­pe na­week nie ’n en­ke­le drie ge­druk nie.

Maar Wyn­and Claas­sen, voor­ma­li­ge S­pring­bok-kap­tein en -keur­der, meen die ga­ping tus­sen die Suid-A­fri­kaan­se en Nieu-See­land­se span­ne raak sta­dig­aan klei­ner.

“Ek dink tog daar was ’n klem­ver­skui­wing en die Leeus het die af­ge­lo­pe twee of drie sei­soe­ne die pas aan­ge­gee.

“Al­mal het be­sef ons aan­val­len­de in­ge­steld­heid moet ver­an­der en ek dink daar is vor­de­ring. Ons gaan wel nie oor­nag be­gin drieë druk soos die Nieu-See­land­se span­ne nie.”

Claas­sen sê die Suid-A­fri­kaan­se spe­lers moet die self­ver­troue hê om te waag.

“Ek glo dit is iets wat by die Bul­le pos­vat. Jan Ser­fon­tein het (ver­le­de na­week teen die For­ce) vir die eer­ste keer in ’n lang tyd weer ge­lyk na die bril­jan­te rug­by­spe­ler wat hy op skool was.”

B­ren­dan Ven­ter, voor­ma­li­ge S­pring­bok-sen­ter en oud­af­rig­ter van die Haaie, is dit met Claas­sen eens dat die Suid-A­fri­kaan­se span­ne ’n meer aan- val­len­de in­ge­steld­heid het.

“Die Bul­le, wat tra­di­si­o­neel so kon­ser­wa­tief was, is die bes­te voor­beeld. Die Leeus het daar­mee be­gin en dit is die bes­te ding wat met ons rug­by kon ge­beur het.”

Ven­ter sê die Nieu-See­land­se span­ne het nog al­tyd die ga­we ge­had om in hul teen­stan­ders se half­ge­bied te speel én goed af te rond.

“Die Suid-A­fri­kaan­se span­ne se af­ron­ding is nie op daar­die vlak nie, maar ek is oor­tuig daar­van dat dit iets is wat gaan ver­be­ter.

“Ons voor­spe­lers se vaar­dig­he­de is by­voor­beeld hier­die sei­soen be­ter as wat dit drie sei­soe­ne ge­le­de was.

“Dit gaan ’n ruk vat en die on­der­steu­ners sal ge­dul­dig moet wees met hul span­ne.”

Fo­to: GETTY I­MA­GES

Die C­hiefs se Ta­le­ni Seu vang S­te­phan Le­wies van die Haaie ver­le­de week op die ver­keer­de voet ter­wyl hy een van die Ki­wi­s­pan se ken­mer­ken­de storm­lo­pies van sta­pel s­tuur. Nieu­See­land se Su­per­span­ne bly die ko­nings van hard­loop­rug­by en ryg steeds meer drieë as e­ni­ge van die an­der span­ne in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.