Nu­we skerm sou Hug­hes nie ge­red het

Meer maat­re­ëls aan­be­veel

Beeld - - Nuus - – S­port­re­dak­sie

Syd­ney. – ’n On­af­hank­li­ke on­der­soek na die dood van die voor­ma­li­ge Aus­sie-toets­kol­wer P­hil­lip Hug­hes het be­vind dat die tra­ge­die wat sy le­we ge­ëis het, nie ver­hoed sou kon word nie, al het hy ’n meer mo­der­ne kop­skerm én ’n nek­skerm ge­dra.

Hug­hes is in No­vem­ber 2014 ty­dens ’n S­hef­field S­kild-wed­stryd op die Syd­ney C­ric­ket Ground (SCG) deur ’n op­slag­bal teen die ag­ter­kop ge­tref. Hy is twee dae la­ter in die hos­pi­taal weens bloe­ding op die brein dood.

ABCNews be­rig Krie­ket Aus­tra­lië (KA) het Woens­dag die be­vin­din­ge van ’n on­af­hank­li­ke on­der­soek na die voor­val be­kend ge­maak.

“Wan­neer ’n mens in ag neem waar die bal P­hil­lip ge­tref het, glo ek nie die nu­we kop­skerm sou hom be­skerm het nie, om­dat die nek­ge­deel­te op die ag­ter­kop steeds nie be­skut is nie,” het ad­vo­kaat Da­vid Curtain, wat die on­der­soek ge­lei het, ge­sê.

Hug­hes het ten ty­de van die voor­val ’n Ma­su­ri-kop­skerm ge­dra. Dié kop­skerm het vol­doen aan die Aus­tra­lie­se vei- lig­heid­stan­daar­de van daar­die tyd, maar nie aan die meer on­lang­se B­rit­se vei­lig­heids­ver­eis­tes nie.

Dit is ge­volg­lik van die mark ver­wy­der.

KA het Curtain se ver­slag in No­vem­ber ont­vang. Die be­heer­lig­gaam het dit na­ge­gaan en in Ja­nu­a­rie met Hug­hes se ge­sin ge­deel.

Curtain het be­vind dat ver­de­re on­der­soek no­dig is om vas te stel of die nu­we “Stem Gu­ard” – wat kol­wers se­dert Hug­hes se dood aan die ag­ter­kant van hul kop­skerms aan­bring – in­der­daad by­ko­men­de be­sker­ming bied.

Om die kan­se van ’n soort­ge­ly­ke tra­ge­die te ver­min­der, het Curtain aan­be­veel dat al­le eer­ste­rang­se kol­wers teen naat­aan­val­le kop­skerms dra wat vol­doen aan die B­rit­se vei­lig­heids­ver­eis­tes.

Ver­der be­hoort kop­skerms deur paal­tjie­wag­ters wat teen die paal­tjies staan en veld­wer­kers wat bin­ne 7 m van die kolf diens doen (dit sluit nie glip­veld­wer­kers in nie), ge­dra word.

Hy het voor­ge­stel dat skeids­reg­ters ook be­sker­ming vir hul

Die nek­ge­deel­te op die ag­ter­kop (is) steeds nie be­skut nie — DA­VID CURTAIN

kop­pe moet oor­weeg en dat daar ’n de­fi­bril­la­sie-toe­stel by el­ke eer­ste­rang­se wed­stryd moet wees.

Curtain het in sy aan­be­ve­lings boon­op voor­ge­stel dat oor­weeg moet word om plaasvervangers aan te wys, so­dat spe­lers wat teen die kop ge­tref word die veld kan ver­laat om vir har­sing­skud­ding ge­toets te word.

Fo­to: AFP

P­hil Hug­hes in ak­sie in ’n toets teen Nieu­See­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.