OP­ster­re wil eers in Baai bly, sê Kemp­son

Beeld - - Nuus - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Rug­by in die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie se toe­koms lyk blink al is daar ’n gel­de­li­ke kri­sis wat soos ’n don­ker wolk oor die u­nie hang, het Rob­bie Kemp­son, die be­stuur­der van die OP-A­ka­de­mie, ge­sê.

Die A­ka­de­mie het pas ses spe­lers, in­slui­tend die kap­tein, Je­re­my Ward, en on­der­kap­tein, Ju­ni­or Po­ko­me­la, vir die Jong Bok­kies se Ju­ni­or Wê­reld­be­ker­veld­tog op­ge­le­wer.

Daar is pes­si­mis­te wat da­de­lik ge­sê het, ja, nou­dat Ward (sen­ter), Po­ko­me­la (agt­ste­man), Tan­go Ba­le­ki­le (ha­ker), Ni­co­laas Oost­hui­zen (stut), Ja­mes Hall (skrum­ska­kel) en Ke­a­nu Vers (heel­ag­ter) na­si­o­na­le er­ken­ning ge­kry het, is hul­le reeds vir die OP ver­lo­re.

Dit is eg­ter nie so nie, het Kemp­son ge­sê.

“Al ses is nog by die OP ge­kon­trak­teer tot­dat hul­le 21 jaar oud is. En hul­le wíl hier bly,” het die ou­dS­pring­bok-voor­ry­man ge­sê.

Vol­gens Kemp­son is die jon­ge­lin­ge nie kort­sig­tig nie. Daar sal se­ker­lik vo­ren­toe aan hul­le aan­bie­din­ge ge­maak word wat hul­le sal oor­weeg.

“Maar in hier­die sta­di­um wil hul­le steeds ’n ver­skil maak. Hul­le het dit ver­le­de jaar be­gin maak toe die OP die o.19-reeks ge­wen het,” het hy ge­sê.

“Hul­le is trots om die OP-trui te dra en hul­le glo hul­le kan die u­nie op­bou. En dis nie net hier­die groep jong ou­ens wat so voel nie, an­der ou­ens wat deur die A­ka­de­mie ge­kom het, soos S­ha­ne Ga­tes, voel die­self­de.”

Kemp­son het ge­sê dit is na­tuur­lik nood­saak­lik dat die u­nie sy geld­sa­ke in or­de kry. As die kri­sis op­ge­los kan word, wag daar ’n blink toe­koms op die OP.

“Daar is an­der re­des ook wat dit dalk vir die jong ou­ens mak­li­ker maak om te bly. Die kans is dalk be­ter dat hul­le hier gou­er Su­per­rug­by sal kan speel as by an­der fran­chi­ses,” het Kemp­son ge­sê.

Hy het na jong spe­lers soos Hall, Po­ko­me­la en die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Mal­colm Ja­er ver­wys wat al van­jaar by die Sout­hern Kings be­trek is.

Hall en Ja­er (voor sy be­se­ring) is van die Kings se uit­blin­kers en ’n mens kan maar net won­der of hul­le by een van die an­der fran­chi­ses reeds speel­kans sou ge­kry het.

Vir nou fo­kus die OP se ses Bok­kies eg­ter op die Ju­ni­or Wê­reld­be­ker­toer­nooi wat vol­gen­de maand in En­ge­land ge­speel word.

“As hul­le te­rug­keer, sal hul­le by die OP se ver­skil­len­de span­ne be­trek word, het­sy ju­ni­or of se­ni­or span­ne,” het Kemp­son ge­sê.

Met die OP wat nie ge­kon­trak­teer­de se­ni­or spe­lers het nie, is die kans goed dat van hul­le vir die OP-Kings in die Cur­rie­be­ker­reeks kan uit­draf.

Fo­to: WERNER HILLS

Die jong skrum­ska­kel Ja­mes Hall het reeds van­jaar sy bui­ging vir die Sout­hern Kings ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.