Knie hou B­ritz vir nog ses we­ke uit ak­sie

Beeld - - Nuus - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die C­hee­tahs se los­voor­spe­ler Wil­lie B­ritz se te­rug­keer was van kor­te duur en hy sal min­stens vir ses we­ke langs die kant­lyn sit.

Hy het gis­ter ’n knie-o­pe­ra­sie on­der­gaan en kan dalk eers vir die laas­te deel van die Su­per­rug­by-reeks weer reg wees.

B­ritz het die sei­soen nog net 136 mi­nu­te se rug­by ge­speel se­dert hy sy te­rug­keer ge­maak het.

Hy het die af­ge­lo­pe na­week ’n har­de stamp teen die knie ge­kry in die C­hee­tahs se Su­per­wed­stryd teen die Wa­ra­tahs in Syd­ney. Voor dit was hy ook lank langs die kant­lyn om­dat hy li­ga­men­te in sy duim in sy Ja­pan­se klub­span, S­hi­ning Ar­cs, se laas­te wed­stryd be­seer het.

In­tus­sen het die C­hee­tahs se af­rig­ter, Fran­co S­mith, gis­ter ne­ge ver­an­de­rin­ge, waar­van een po­si­si­o­neel, aan die be­gin­span vir Sa­ter­dag se Su­per-wed­stryd hier teen die Sout­hern Kings ge­maak.

Die skrum­ska­kel S­haun Ven­ter be­gin weer na­dat hy ver­le­de week vir Ti­an Mey­er moes plek maak.

Tier S­choe­man is te­rug op agt­ste­man na­dat hy ’n skor­sing van ’n week uit­ge­dien het.

Hen­co Ven­ter, wat op agt­ste­man teen die Wa­ra­tahs uit­ge­draf het, is op die bank.

U­zair Cas­siem sak op flank in B­ritz se plek, ter­wyl Lood de Ja­ger weer be­gin na­dat hy ver­le­de week op die bank was.

Die C­hee­tah-kap­tein, Fran­cois Ven­ter, be­gin op bui­te­sen­ter in die plek van Ni­co Lee, wat na die plaas­ver­van­ger­bank ge­skuif word.

Mi­cha­el van der S­puy, sy sen­ter­maat, is tot die be­gin­span be­vor­der na­dat hy ver­le­de na­week op die bank was.

S­mith het ook be­sluit om sy ge­reel­de voor­rye en ha­ker, Maks van Dyk, Tor­sten van Jaars­veld en C­har­les Ma­rais teen die Kings in te s­pan.

Hul­le ver­vang Ox N­che, E­land­re Hug­get en Lu­an de Bruin.

Die C­hee­tahs het die Kings in die voor­sei­soen in die Baai ge­klop, en be­hoort Sa­ter­dag ge­noeg skiet­goed te hê om dit weer te doen.

Die C­hee­tahs kon nog net twee uit tien wed­stry­de (al­bei teen die Sun­wol­ves) wen en die Kings nog net een uit ne­ge wed- stry­de, ook teen die Sun­wol­ves.

“Dit sal be­lang­rik wees om eer­ste­fa­se-be­sit te hou.

“Ons het ons laas­te drie wed­stry­de bo see­spie­ël ge­speel en moes daar­by aan­pas.

“Maar die na­week sal dit mak­li­ker wees, want ons is tuis,” het S­mith ge­sê.

) C­hee­tahs: Clay­ton Blom­me­tjies, Ser­ge­al Pe­ter­sen, Fran­cois Ven­ter (k), Mi­cha­el van der S­puy, Ray­mond R­hu­le, F­red Zei­lin­ga, S­haun Ven­ter, U­zair Cas­siem, Ou­pa Mo­ho­je, Tier S­choe­man, Fran­cois Uys, Lood de Ja­ger, Maks van Dyk, Tor­sten van Jaars­veld, C­har­les Ma­rais. PLAASVERVANGERS: Ja­c­ques du Toit, Ox N­che, Lu­an de Bruin, Hen­co Ven­ter, Carl Weg­ner, Ti­an Mey­er, Niel Ma­rais, Ni­co Lee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.