C­heslin droom in blou, nog nie Groen en Goud

Beeld - - Nuus - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Of C­heslin Kol­be saam met die B­lits­bok­ke O­lim­pie­se S­pe­le toe gaan is nog on­be­kend, maar sy toe­koms lyk in elk ge­val Groen en Goud.

Kort­om: Hy het waar­skyn­lik in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks meer as ge­noeg ge­doen vir die Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, om hom sterk vir aan­staan­de maand se toets­reeks teen Ier­land te oor­weeg.

Dis nou ten­sy sy naam neer­ge­pen is vir ’n oe­fen­kamp saam met die B­lits­bok­ke ter voor­be­rei­ding van Au­gus­tus se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro.

Hier­oor, te­sa­me met die be­spie­ge­lin­ge oor sy kan­se om die vol­gen­de Bok-heel­ag­ter te word, is Kol­be fi­lo­so­fies.

“My fo­kus is op die hier en nou. Ek sal din­ge vat soos dit kom ten op­sig­te van die se­wes,” het Kol­be van­dees­week ge­sê.

En wat van die me­dia se praat­jies dat Coet­zee hom by die Bok­ke wil be­trek?

“Ek bly ver weg van die koe­ran­te en wil nie hê my aan­dag moet af­ge­trek word nie. Die S­tor­mers het as groep ’n doel­wit en ek be­paal my daar­by,” het Kol­be ge­sê.

Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, be­plan reeds vir die on­aan­ge­na­me voor­uit­sig van ’n reeks son­der Kol­be, wat nie in die pyl­vak van hul veld­tog sal kan speel nie as hy in die S­pe­le­plan­ne is.

Tot dan is el­ke wed­stryd in ’n S­tor­mers-trui vir Kol­be ’n ge­leent­heid om te be­ves­tig dat hy in­der­daad nie te klein is om groot te droom nie.

Die feit dat Coet­zee hom deur die op­set by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en S­tor­mers ge­bring het, be­hoort te help. Met Kol­be kry jy nie net ’n spel­bre­ker wat kan skop en skaf­lik on­der die hoë bal is nie, maar ’n man met ’n ys­li­ke hart.

Min din­ge is vir Kol­be meer aan­lok­lik as om met die bal in die hand te bal­jaar, maar hy het be­na­druk dat die S­tor­mers mô­re nie die fou­te van ver­le­de maand teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land moet her­haal nie.

Kol­be-hul­le was ná 25 mi­nu­te met 27-0 voor, maar het los­ge­tor­ring en uit­ein­de­lik met 46-19 ge­wen.

“Die Sun­wol­ves speel teen ’n hoë tem­po en hou daar­van as die spel los is. Ons wil bin­ne ons struk­tuur hou,” het Kol­be ge­sê.

C­heslin Kol­be, heel­ag­ter van die S­tor­mers, is van­jaar ’n kan­di­daat vir die Bok­s­pan. Fo­to: NASIEF MA­NIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.