Stap­pe sal kom teen die­ge­ne wat Man U­ni­ted­bus aan­val

Beeld - - Nuus - ters – Reu­

Lon­den. – On­der­steu­ners wat West Ham U­ni­ted se vaar­wel­par­ty­tjie eer­gis­ter­aand ont­sier het deur Man­ches­ter U­ni­ted se span­bus met bot­tels aan te val, sal le­wens­lank ge­skors word.

Só het die on­der­voor­sit­ter van West Ham se di­rek­sie, Kar­ren Bra­dy, gis­ter ge­sê.

Wat ver­on­der­stel was om ’n merk­waar­di­ge kli­maks ná 112 jaar in die Bo­leyn-sta­di­on te wees, het le­lik ont­aard.

Vi­de­o­ma­te­ri­aal wat bin­ne U­ni­ted se span­bus ver­film is, is die wê­reld in­ge­stuur op so­si­a­le me­dia, ter­wyl TV-beeld­ma­te­ri­aal van die ge­weld ook wê­reld­wyd te sien is.

West Ham se me­de­voor­sit­ter Da­vid Sul­li­van was aan­vank­lik nie be­wus van die erns van die voor­val nie en het Man U­ni­ted bla­meer dat die wed­stryd 45 mi­nu­te laat moes be­gin.

Dit was die laas­te wed­stryd wat op die Bo­leyn ge­speel is.

Bra­dy moes in­spring om die ska­de te her­stel ná Sul­li­van se op­mer­kings.

“Ek, die raad en al­mal by West Ham U­ni­ted ver­werp die on­aan­vaar­ba­re ge­drag wat ons Dins­dag­aand bui­te die sta­di­on ge­sien het,” het sy in ’n ver­kla­ring op T­wit­ter ge­sê.

“West Ham is ’n ge­sins­klub en die meer­der­heid on­der­steu­ners wat dié wed­stryd by­ge­woon het, wou op ’n waar­di­ge wy­se af­skeid neem van die Bo­leyn.

“Daar sal op die sterk­ste ma­nier moont­lik stap­pe ge­doen word teen die­ge­ne wat op ’n on­be­hoor­li­ke wy­se op­ge­tree het. Dié wat skul­dig is aan ge­weld, sal le­wens­lank ge­skors word.”

Dui­sen­de on­der­steu­ners het die stra­te om die sta­di­on vol ge­staan, tal­le son­der kaar­tjies vir die wed­stryd.

Man U­ni­ted se bus is aan­ge­val ter­wyl dit ver­by ’n stand­beeld van West Ham se vo­ri­ge En­gel­se kap­tein, Bob­by Moo­re, be­weeg het waar hy met die Wê­reld­be­ker van 1966 staan.

’n Be­amp­te van Lon­den se po­li­sie­diens en ’n lid van die pu­bliek het lig­te be­se­rings op­ge­doen. Nie­mand is in heg­te­nis ge­neem nie.

“Ons het al dui­sen­de twiets en e-pos­se van on­der­steu­ners ge­kry om te sê hoe trots hul­le was om deel te wees van so ’n spe­si­a­le aand in West Ham se ge­skie­de­nis,” het dié klub in ’n vroe­ë­re ver­kla­ring ge­sê.

Wat die aan­val be­tref, sê die klub dit is nie aan­vaar­baar nie en daar sal saam met die po­li­sie ge­werk word om die skul­di­ges te i­den­ti­fi­seer en le­wens­lank te skors.

Die En­gel­se Sok­ker­ver­e­ni­ging het ook aan­ge­kon­dig hy gaan ’n on­der­soek las na die voor­val waar voor­wer­pe na Man U­ni­ted se doel­wag­ter, Da­vid de Gea, ge­gooi is ty­dens die wed­stryd.

West Ham, wat die wed­stryd uit­ein­de­lik met 3-2 ge­wen het, het se­dert 1904 in die sta­di­on ge­speel, maar skuif aan­staan­de sei­soen na die O­lim­pie­se sta­di­on na­dat ’n huur­oor­een­koms van 99 jaar ge­te­ken is.

Fo­to: GETTY

Die West Ham U­ni­ted­ver­de­di­ger Win­ston Reid (mid­del) brul van vreug­de ná hy die wen­doel teen Man­ches­ter U­ni­ted aan­ge­te­ken het. Die Red De­vils se Chris S­mal­ling (regs) kyk ver­slae toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.