Trans­for­ma­sie by sko­le: Waar ’n wil is, is ’n weg

Beeld - - Nuus - D­wars­lat Al­tus Mom­berg

Een van die te­kort­ko­mings in die de­bat rond­om die trans­for­ma­sie van sport, is dat al die fo­kus op na­si­o­na­le span­ne is – die S­pring­bok­ke en die Pro­te­as – p­leks van la­er af in die rang­or­de.

Dit het my Sa­ter­dag weer op­ge­val toe ek die uit­ste­ken­de sko­le­rug­by­wed­stryd tus­sen Af­fies en Bloem­fon­tein se G­rey-kol­le­ge op TV ge­kyk het.

Twee van die land se voor­ste sport­sko­le het ’n ui­ters me­de­din­gen­de en op­win­den­de wed­stryd ge­speel wat ’n mens sou laat dink al­les is klop­dis­sel­boom in SA skolerugby.

Maar dit was op­val­lend dat die wed­stryd be­gin is met 30 wit spe­lers op die veld.

Na­tuur­lik was dit net twee sko­le en baie van die land se an­der top-rug­by­span­ne spog met tal­le ta­lent­vol­le jong swart spe­lers. Maar ek kan nie dink wan­neer laas ’n na­si­o­na­le krie­ket- of rug­by­span son­der oud­spe­lers van dié twee sko­le was nie.

Die bes­te en die mak­lik­ste ma­nier om trans­for­ma­sie te ver­se­ker, is om die voe­dings­bron­ne van Suid-A­fri­kaan­se sport te trans­for­meer.

G­rey en Af­fies is al­bei staat­sko­le (voor­ma­li­ge Mo­del C-sko­le) en is dus on­der­he­wig aan die de­par­te­ment van on­der­wys se re­ëls en re­gu­la­sies. Met die druk wat net toe­neem op die on­der­skeie sport­ko­des om te trans­for­meer, hoe lank sal dit nog wees voor die re­ge­ring tei­kens vir sko­le neer­lê oor trans­for­ma­sie?

En is dit nie dalk in dié sko­le se be­lang om hul hui­se in or­de te kry voor dié ver­an­de­rings op hul­le af­ge­dwing word nie?

Daar is soms die ver­weer dat jong swart spe­lers nie al­tyd in rug­by of krie­ket be­lang­stel nie, maar net sok­ker wil speel.

Maar kyk na die voor­beeld van die HTS Lou­is Bo­tha in Bloem­fon­tein – ook ’n staat­skool wat in die laas­te ja­re die S­pring­bok Ou­pa Mo­ho­je en C­hee­tahs-spe­lers Ox N­che en Ray­mond R­hu­le op­ge­le­wer het. As die HTS rug­by­spe­lers van sul­ke ge­hal­te kan op­le­wer, is daar geen re­de waar­om G­rey dit nie ook kan doen nie.

Dit be­hoort ook nie te moei­lik te wees nie. Bois­haai in die Paarl word deur baie ken­ners as van­jaar se bes­te s­pan in die land be­skou en het al 29 sy laas­te wed­stry­de (oor twee sei­soe­ne) ge­wen. Am­per die helf­te van dié skool se eer­ste s­pan be­staan uit bruin en swart spe­lers.

Dit is na­tuur­lik mak­li­ker vir sko­le in die Wes-Kaap, maar as jy na van die Jo­han­nes­burg­se en Kaap­se sko­le kyk, is daar reeds trans­for­ma­sie aan die gang.

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Suid-A­fri­ka se top-rug­by­sko­le gee beur­se om ta­lent van oor die land heen na hul skool­ban­ke en rug­by­vel­de te lok. Die­self­de beur­se kan ook ge­bruik word om die bes­te swart spe­lers te lok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.