Mo­ko­ka, Ge­lant nie net in twee­stryd

Beeld - - Nuus -

Kaap­stad. – Die voor­uit­sig om te sien hoe die Suid-A­fri­ka­ners S­te­phen Mo­ko­ka en El­roy Ge­lant die bui­te­land­se aan­slag aan­vat in Son­dag se Ca­pe To­wn 12 O­nerun, sal pad­wed­loop-en­toe­si­as­te se bloed be­hoor­lik laat bor­rel.

Maar die twee­stryd tus­sen dié twee Suid-A­fri­ka­ners sal ook baie in­te­res­sant wees.

Mo­ko­ka en Ge­lant het me­kaar van­jaar een keer op die pad ge­pak, toe hul­le sa­ke in Fe­bru­a­rie om die na­si­o­na­le 10 km-ti­tel uit­ge­spook het.

Ge­lant het toe dank­sy ’n na­el­loop na die eind­streep met ’n wen­tyd van 29:14 oor Mo­ko­ka (29:16) ge­se­ë­vier.

Die bord­jies is ver­hang toe die twee me­kaar in A­pril om die Suid-A­fri­kaan­se kroon in die 5 000 m die stryd aan­ge­sê het.

Mo­ko­ka was toe in 13:40.81 baas, met Ge­lant twee­de (in 13:43.43).

Ter­wyl Ge­lant en Mo­ko­ka sal saam­werk om ver­al die Ke­ni­a­ne te stuit, sal al­bei se vi­sier ook op ’n se­ge wees.

Die eer­ste plek is R40 000 werd, en die naas­wen­ner sal R25 000 ont­vang.

Die ma­ra­thon-at­leet Si­bu­si­so N­zi­ma kan ook sy eie draai­boek skryf.

Dié 29-ja­ri­ge lang­a­sem het ses­de ge­ëin­dig op die 10 km-by­een­koms, en vier­de klaar­ge­maak in die Se­vil­la-ma­ra­thon in 2:11:43, om vir die S­pe­le te kwa­li­fi­seer.

Dit was ook N­zi­ma wat die pas warm ge­maak het vir Ge­lant en Mo­ko­ka in die 5 000.

N­zi­ma het der­de klaar­ge­maak (13:46.73) en ’n dag la­ter ook der­de in die 10 000 ge­ëin­dig. ) Plaas­li­ke at­le­te het ook ’n ek­stra geel­wor­tel voor hul­le, met R10 000 wat uit­be­taal sal word vir ’n Suid-A­fri­kaan­se re­kord.

Mat­thews (Loop en Val) Motshwa­ra­teu se mans­re­kord (34:23) staan se­dert 1988.

Ela­na Mey­er is die vroue-re­kord­hou­er (38:39). Sy het dit in 1999 in San Fran­cis­co op­ge­stel. ) Son­dag se wed­loop be­gin in Mil­ner­ton en ein­dig in die Kaap­stad­se mid­de­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.