Gee Da­mi­an net tyd, vra Rob­bie

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Ver­le­de jaar was hy en Jes­se K­riel ’n ge­dug­te sen­ter­paar in die Groen-en-Goud, maar vol­gens spel­peil in die Su­per­rug­by-reeks ver­loor Da­mi­an de Al­len­de sy greep op die S­pring­bok­ke se nr. 12-trui.

Daar­om kan die S­tor­mers se vol­gen­de drie wed­stry­de – teen die Sun­wol­ves, die Bul­le en die C­hee­tahs – be­pa­lend wees vir die 24-ja­ri­ge De Al­len­de se kan­se om aan­staan­de maand Bo­krug­by teen Ier­land te speel.

Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, het van­dees­week in die bres ge­tree vir De Al­len­de, wat ver­al op die ver­de­di­ging laks lyk.

“Da­mi­an is ’n toe­ge­wy­de ou en hy is nie ver van sy bes­te nie.

“Daar was ’n fout of twee op die ver­de­di­ging, maar die pro­bleem was ook die ou­ens om hom,” het F­leck ge­sê.

“Hy het al ’n paar goeie din­ge ge­doen en ’n sterk lo­pie ge­had in die aan­loop tot Pie­ter-S­te­ph du Toit se drie teen die Wa­ra­tahs.

“Dis maar net ’n kwes­sie van tyd voor Da­mi­an weer sy ou self is.”

De Al­len­de is vroe­ër van­jaar as Suid-A­fri­ka se Su­per­rug­by­spe­ler van die Jaar (in 2015) be­kroon.

Hy het toe meer aan­geë in kon­tak as e­ni­ge an­der spe­ler in die reeks ge­maak, maar ook die mees­te duik­slae ver­brou.

Jy kry eg­ter ver­brou­de duik­slae en ver­brou­de duik­slae. Die pro­bleem kan ook die ge­volg van swak kom­mu­ni­ka­sie tus­sen spe­lers wees.

Sul­ke sta­tis­tie­ke moet dus maar met ’n knip­pie sout ge­neem word, ver­al in ag ge­no­me die groot duik­slae wat De Al­len­de toe uit­ge­voer het.

Sy rug­by het dui­de­lik ge­ly na­dat hy ná ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker-toer­nooi vir die Kin­tet­su Li­ners in Ja­pan gaan speel het.

Hy het daar ’n erns­ti­ge en­kel­be­se­ring op­ge­doen en lyk se­dert sy te­rug­keer, ver­le­de maand teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land, lood­voe­tig – waar­skyn­lik die ge­volg van sy be­se­ring.

Sa­ter­dag se wed­stryd teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer sal De Al­len­de se vyf­de se­dert sy te­rug­keer, en der­de in die be­gin­span, wees.

In dié sta­di­um is die bes­te op­los­sing vir F­leck om De Al­len­de te laat speel tot­dat hy ho­pe­lik sy wed­stryd­fiks­heid her­win.

Hy en Ju­an de Jongh kan im­mers as sen­ter­paar een van die S­tor­mers se sterk­pun­te wees.

Dit sal nie­te­min in­te­res­sant wees as De Al­len­de en die Bul­le se Jan Ser­fon­tein aan­staan­de week op Lof­tus Vers­feld in ’n twee­stryd ge­wik­kel is.

Ser­fon­tein se ta­len­te op die aan­val is in die Bul­le se spel­pa­troon van vroe­ër ja­re on­der­druk, maar hy vind baat by die nu­we rig­ting wat hul brei­er, Nol­lis Ma­rais, in­ge­slaan het.

Om fiks­heid op toets­vlak te her­win, is ’n luuks­heid wat De Al­len­de nie in Ju­nie ge­gun sal word nie.

Nie­mand ken De Al­len­de se ver­mo­ëns be­ter as die Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, nie, maar dié sal dalk eers­daags in sy protégé se oor fluis­ter dat hy hom moet reg­ruk.

As Coet­zee dit nie rééds ge­doen het nie.

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Die S­tor­mers­sen­ter Da­mi­an de Al­len­de sal die vol­gen­de paar we­ke sy sok­kies moet op­trek as hy aan­staan­de maand die S­pring­bok­trui teen Ier­land wil dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.