Klein, duur, maar prop­vol nu­wig­he­de

Beeld - - Motors - Pie­ter Oost­hui­zen

Op die plaas­li­ke be­kend­stel­ling van Mer­ce­des-Benz se nu­we Smart-kar­re­tjies was die pen wat uit­ge­deel is om no­tas vir hier­die ver­slag te maak, ka­poet, in­k­loos, voor­dat ons uit die me­di­a­kon­fe­ren­sie was.

Dis min of meer wat in Suid-A­fri­ka met die eer­ste twee ge­ne­ra­sies van die Smart ge­beur het. Hy het nie reg­tig die lig ge­sien nie.

Nou, am­per se­we jaar la­ter, is die twee­sit­plek­buk­sie (ForT­wo) te­rug saam met die lan­ger ForFour met sy vier sit­plek­ke en vier deu­re.

Die groot­ste ver­skil tus­sen toe en nou is dat die ForFour, wat des­tyds ge­heel en al plaas­lik ge­faal het, voort­aan plaas­lik die hoof­dryf­veer vir Smart sal wees.

Ge­waagd? Sim­pel? Glad nie. MBSA het aan­vaar dat die ForT­wo baie ge­wil­der in Eu­ro­pe­se toe­stan­de en ste­de is, ver­al om­dat 66% van die wê­reld­be­vol­king in ste­de woon.

Die ver­vaar­di­ger meld dit nie, maar ’n mens ver­moed die hoof­re­de vir MBSA se her­nieu­de op­ti­mis­me het te doen met die feit dat die nu­we Smart eint­lik ’n Re­nault T­win­go is. Met an­der woor­de: Die ForFour is reeds ’n hoof­stroom-kar­re­tjie wat op ge­ly­ke voet met an­der in sy klas kan mee­ding.

Die ForFour en die Re­nault T­win­go is ba­sies i­den­ties en die ForT­wo ge­bruik ook die­self­de plat­form, maar wat ver­kort is.

Twee drie­si­lin­der­en­jins van 1 li­ter wat 52 kW le­wer en aan ’n vyf­gang­hand­rat­kas ge­kop­pel is, is in ’n ForT­wo en ForFour be­kend ge­stel.

Oor so­wat twee maan­de sal die ForFour met die ou­to­ma­tie­se dub­bel­kop­pe­laar-ses­gang­kas wat ge­kop­pel is aan ’n tur­bo-aan­ge­jaag­de en­jin van die­self­de groot­te wat maar 66 kW le­wer, be­skik­baar wees.

Die nu­we ForFour se en­jin sit net soos die ForT­wo s’n ag­ter, en al­bei is ag­ter­wiel­aan­ge­dre­we.

Die Smart lyk stuk­ke be­ter as voor­heen: Al­bei mo­del­le het nou ’n ster­ker skou­er­lyn, gro­ter sier­roos­ter wat ho­ër ge­plaas is, am­per Mi­ni Coun­try­man-ag­ti­ge-neus-me­neer­tjies.

Die ForFour is 80 cm lan­ger as sy ForT­wo-boe­tie se 2,7 m en dit lei tot ’n 62 cm lan­ger as­af­stand, maar die ForT­wo het ef­fe meer pak­plek heel ag­ter­in.

On­der die ForFour se ag­ter­sit­plek­ke is berg­plek, en met die sit­plek­ke plat­ge- vou, is daar 975 li­ter se pak­plek.

K­leur­ska­ke­rings bin­ne en bui­te is ’n Smart-sterk­punt. Te­sa­me met vier spe­si­fi­ka­sie­vlak­ke, is daar ’n keu­se van ’n do­syn ver­wis­sel­ba­re bak­pa­ne­le, wat jy en jou vrien­de of han­de­laar self kan om­ruil deur mid­del van ’n by­kom­stig­he­de­oor­een­koms.

Bin­ne is dit steeds die ene “fun­ky”aar­dig­heid, maar min­der skerp en meer ge­rond met die lug­in­la­te, die toe­re­tel­ler, hoof­in­stru­men­te-om­hul­sel, ra­dio en/of in­lig­ting en na­vi­ga­sie­toe­rus­ting wat voor die pa­neel uit­dop.

Met ons ry­e­ry eers in die ForT­wo was dit am­per sur­re­a­lis­ties om die baan­ver­wis­se­ling­sa­larm te hoor, en die rit­kon­tro­le met spoed­be­per­ker saam met ’n ve­ler­lei an­der knop­pies op die stuur­wiel, soos stem­kon­tro­le, het ons laat grin­nik. Dis im­mers ’n piep­klein ry­din­ge­tjie met goe­ters uit die groot Mer­cs, soos ’n bo­ts­waar­sku­wing­stel­sel.

Die ForT­wo, wat ver on­der ’n ton weeg, is am­per 100 kg lig­ter as die ForFour en al is hy nie so hoog soos ’n Jim­ny nie, het hy ook dwars­wind-rem­hulp as deel van sy sta­bi­li­teits­be­heer.

S­tuur­traag­heid was op die spe­si­fie­ke roe­te glad nie so erg as waar­van ’n mens ge­hoor het nie, ver­al nie in die ForFour nie, ter­wyl die swaar­der stuur­ge­voel in ’n reg­uit lyn ver­wel­kom word.

Die vyf­gang-hand­rat­kas se glad­de ska­ke­ling is ’n groot plus­punt, maar jy moet in eer­ste rat die toe­re roer as jy ie­wers in twee­de wil kom.

Op die snel­weg was wind­ge­raas oor die ForFour se neus op­val­lend. Die­self­de geld pad­ge­raas op grow­we op­per­vlak­ke.

In ge­heel ’n baie aan­ge­na­me ry-er­va­ring in al­bei bak­weer­ga­wes en ons sien uit na die 66 kW-ForFour wat la­ter kom, om nie te praat van die spor­tie­we Bra­bus nie.

Met vier deu­re en vier sit­plek­ke be­te­ken dit Wag­ter en Blaf­ter kan saam rond­rits.

Die S­marts lyk die­self­de van voor.

Jy kan jou Smart op­dol­lie met ver­skil­len­de kleur­op­sies bin­ne en bui­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.