Ma­z­da CX­3 blits­vin­ni­ge sexy kat­jie

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Ie­mand het een­dag ge­sê mo­tor­skry­wers moet op­hou om mooi kar­re sexy te noem. Hoe kan ’n kar sexy wees? Ek stem, maar in­dien ’n kar wel sexy kon wees, sou dit soos die Ma­z­da CX-3 lyk.

Die CX-3 is Ma­z­da se sag­te­baard- kom­pak­te sport­nuts­voer­tuig, daar­die seg­ment wat groei as­of daar geen an­der soort ry­ding is wat tel nie.

Die CX-3 het ei­en­skap­pe van ’n oor­kruis­wa, ’n krui­sing tus­sen die stan­daard­weer­ga­we en iets wat ef­fe hoog van die grond af staan.

Dit lyk min­der sport­nuts as sê nou maar ’n Ford E­coS­port of selfs ’n O­pel Mok­ka of ’n Re­nault Cap­tur. Die CX-3 lyk een­vou­dig nie na ’n sport­nuts nie.

Jip, hy is ho­ër van die grond af en het ’n paar plas­tiek­skerm- stro­ke hier en daar, maar in we­se is dit skaars ’n sy­paad­jie­be­krui­per. Die CX-3 lyk bloot na die sleg­te­pad­weer­ga­we van die Ma­z­da2 met hier en daar iets van die Ma­z­da3.

Maar prys­ge­wys en as ’n mens na die po­si­si­o­ne­ring van die mo­del kyk, moet dit ’n al­ter­na­tief vir bo­ge­noem­de ry­goed en ’n klom­pie an­der wees.

As ruim­te en funk­si­o­na­li­teit nie jou pri­mê­re be­hoef­te is nie, is die CX-3 die een vir jou.

As die voor­koms en uit­leg van die CX-3 jou nog nie oor­tuig het dat dit nie eint­lik ’n kom­pak­te sport­nuts is nie, sal sy woe­ma en ma­nier van doen jou waar­skyn­lik oor­tuig.

Ek het my be­den­kin­ge oor Ja­pan­se ver­vaar­di­gers se lief­des­ver­hou­ding met tur­bo­lo­se en­jins. Die CX-3 se tur­bo­lo­se twee­li­ter-pe­trol­en­jin is eg­ter nie die een om dié punt te pro­beer En­jin maak nie, aan­ge­sien dit 115 kW en 204 Nm bied. Daar­by is dit ge­kop­pel aan ’n ge­wo­ne ses­gangou­to­kas en die en­jin en rat­kas is soos vin­kel en kol­jan­der, die een so goed soos die an­der.

Die CX-3 het geen nuk­ke nie. Looi die pe­daal en dit be­weeg soos ’n kat wat sy prooi be­spring. B­lits­vin­nig.

Die rat­kas se ska­ke­ling is glad en die twee­li­ter se krag het my ef­fe ver­baas. Die en­jin is wel baie luid en la­waai lek­ker on­der har­de ver­snel­ling.

Daar is ’n spor­top­sie wat die en­jin en rat­kas meer op ver­rig­ting in­stel en die CX-3 nog haas­ti­ger laat voel.

Ek wil my ver­stout om te sê nie een van die sport­nuts­me­de­din­gers sal by hom bly nie, ver­al nie deur die draaie nie. Dit rit is boon­op heel ge­mak­lik, glad nie stam­pe­rig nie.

Die bin­ne­ruim mag dalk meer be­knop wees as waar­op ons ge­hoop het, maar die uit­leg van die in­stru­men­ta­sie is eer­ste­klas.

Ons toets­mo­del was die In­di­vi­du­al-weer­ga­we met twee­kleur­leer­af­wer­king en selfs voor­ruit­ver­toon.

Die draaiknop tus­sen die twee voor­ste sit­plek­ke is ba­sies die muis waar­op die groot skerm in die mid­del van die voor­pa­neel ge­na­vi­geer word. Die funk­sies is lo­gies uit­een­ge­sit en dit is een van die ge­brui­kers­vrien­de­lik­ste stel­sels wat daar is.

Teen R341 400 is dit ’n reu­se­klomp geld vir iets wat nie eint­lik is wat baie men­se ver­wag dit moet wees nie. Ge­luk­kig vir Ma­z­da be­loon die CX-3 ’n mens op so­veel an­der vlak­ke dat sy “te­kort­ko­mings” gou ver­ge­te is. Daar is da­rem goed­ko­per mo­del­le wat min of meer die­self­de be­lo­nings bied.

Ek dink die Ma­z­da CX-3 is ’n in­te­res­san­te va­ri­a­sie op ’n te­ma. Dis ’n uit­ste­ken­de voer­tuig. )

Ook van voor lyk die CX­3 ag­gres­sief en spor­tief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.