Nu­we Fi­go klim in ’n ho­ër klas in

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop Heel luuks met meer ge­riefs­ar­ti­kels as e­ni­ge an­der ry­ding in sy klas.

Ford se vo­ri­ge Fi­go het gou ’n ste­wi­ge vas­trap­plek ge­kry van­weë die goeie waar­de wat dit ge­bied het. Boon­op was dit nie ’n af­ge­skeep­te pro­duk nie, maar een met net die reg­te meng­sel ge­maks- en vei­lig­heids­toe­rus­ting, e­ko­no­mie en aan­vaar­ba­re ver­rig­ting.

Die voor­koms het ook nie aan­stoot ge­gee nie en dit was dui­de­lik maar in we­se die­self­de ry­ding as die vo­ri­ge ge­ne­ra­sie Ford Fie­stas, wat baie ge­wild was.

Met die nu­we­ling het Ford be­sluit din­ge moet op­waarts. Hy moet mo­der­ner lyk en moet baie mo­der­ner bin­ne wees, want in die eeu van kon­nek­ti­wi­teit en mo­de­be­wust­heid is bin­ne en bui­te soms be­lang­ri­ker as wat on­der die vel aan­gaan.

Met an­der woor­de, die plat­form en ve­ring het die­self­de ge­bly, maar ge­luk­kig het daar ’n reeks nu­we en­jins en luuk­ses hul op­wag­ting ge­maak.

Bin­ne lyk din­ge nou ba­sies die­self­de as die hui­di­ge Fies­ta en dit is nie ’n sleg­te ding vir ’n Fi­go nie. Dit is net ’n sleg­te ding vir die Fies­ta aan­ge­sien ons met groot ver­lan­ge uit­sien na ’n nu­we een . . . Maar kom ons ver­geet eers van die Fies­ta.

In die Fi­go is die “Fies­ta-in­stru­men­ta­sie” ’n groot ver­be­te­ring op sy voor­gan­ger en ons toets­mo­del was boon­op die heel luuk­se 1500-se­dan met ’n ses­gang­ou­to­ma­tie­se rat­kas.

Die in­stru­men­ta­sie is ef­fe be­sig, maar met sy voor­gan­ger in ge­dag­te, is dit heel aan­vaar­baar.

Die bin­ne­ruim is ge­rief­lik, maar ai, die deu­re se blin­ke­ri­ge plonk-klank met die oop- en toe­maak klink een­vou­dig nie goed nie. Af­ge­sien daar­van is die ka­juit ge­mak­lik, ruim ge­noeg voor en ag­ter, as­ook luuks ge­noeg.

Dié mo­del het Ford se Ti­ta­ni­um-af­wer­kings­vlak, ter­wyl die twee an­der se­dans in die reeks (ook met die­self­de en­jins) die min­de­re T­rend- en Am­bien­te-af­wer­kings­vlak het en ook net met hand­rat­kas­te be­skik­baar is.

Ti­ta­ni­um be­te­ken die Ford­jie het die vol­le­di­ge Sync-stel­sel wat Blu­e­tooth en stem­op­drag­te in- sluit. Daar is boon­op ’n lug­ver­sor­ger wat die tem­pe­ra­tuur self re­gu­leer, ’n e­lek­tro­nie­se sta­bi­li­teits­pro­gram en weg­trek­be­heer teen op­draan­des. Dit maak die be­trok­ke Fi­go-mo­del al­les­be­hal­we ’n in­tree­vlakry­ding soos sy voor­gan­ger.

Op die pad is die “le­li­ke eend­jie” so vas­voe­tig soos ’n kat eer­der as iets wat op twee be­ne wag­gel. En ’n mens be­sef da­de­lik waar­om Ford die vo­ri­ge plat­form be­hou het: Dit is steeds een van die voor­stes in sy klas.

Soos ons ge­sê het, is die kar­re­tjie vas­voe­tig en die ma­nier van doen deur draaie, en die te­rug­voe­ring van die s­tuur is baie be­ter as e­nig­iets an­ders in die prys­klas. Dit sorg vir ’n goeie ry-er­va­ring het­sy of jy nor­maal be­stuur of dalk op ’n pad met ’n paar lek­ker kron­kels be­land. Voeg daar­by ’n rit­ge­hal­te wat bo ver­den­king is en sie­daar, die Fi­go se ge­wild­heid is te ver­sta­ne.

Die 1500-en­jin wat ook in an­der Fords in­ge­span word, het nie ’n tur­bo-aan­ja­er nie, maar is heel ge­wil­lig met sy 82 kW en 136 Nm wring­krag. Dit is ge­mid­del­de krag­sy­fers vir ’n 1500 wat nie aan­ge­jaag word nie, maar tog voel die Fi­go baie le­wen­dig. Brand­stof­ver­bruik in die toets­tyd­perk het op 8,5 li­ter te staan ge­kom.

Die rat­kas, ’n dub­bel­kop­pe­laar­een­heid met ses gan­ge, doen sy taak seep­glad. Op die oop pad is dit min­der aan­ge­naam, hoof­saak­lik weens die en­jin­tjie wat nie ’n lang­a­sem is nie en hier sou ’n hand­rat­kas die be­ter op­sie wees. In­dien jy el­ke dag met stop-en-ry­ver­keer te doen het, is die ou­to­weer­ga­we die bes­te een om te hê.

So, bin­ne lyk als reg, op die pad ook, maar in die voor­koms- af­de­ling het ek my be­den­kin­ge oor die se­dan. Die voor­kant lyk heel goed met ’n meer kor­po­ra­tie­we aan­sien, dank­sy die sier­roos­ter en lig­te se vorm.

Van die kant is din­ge gang­baar as jy die klein wie­le­tjies in die groot wiel­boë ig­no­reer, maar van ag­ter lyk dit baie ge­ne­ries en min­der mooi.

Die pro­bleem is dat die ag­ter­kant ef­fe kaal lyk en gro­ter wie­le en ’n druk­vin op die kat­te­bak kan dalk die vaal­heid ver­dryf.

Een van die Fi­go-se­dan se troef­kaar­te is juis by dié vaal ag­ter­kant. Die kat­te­bak is meer as ruim en ’n paar gholf­sak­ke sal hul lê daar­in kan kry.

Teen 445 li­ter is dit aan­sien­lik gro­ter as die luik­rug se kat­te­bak wat net 256 li­ter kan vat. Die se­dan sal waar­skyn­lik die keu­se van jong ge­sin­ne wees of waar mak­si­mum pak­plek in die seg­ment ’n voor­ver­eis­te is.

Teen R205 600 is die Fi­go al­les­be­hal­we die ga­we wins­ko­pie wat sy voor­gan­gers was. Vir rond­om die­self­de prys kan jy ’n in­tree­vlak-Fies­ta koop, wat wel min­der luuk­ses het en ’n luik­rug is. Jy kan vir so R25 000 ek­stra selfs ’n Ford Fo­cus koop.

Maar loer na ons ta­bel en jy sal sien dat dié Fi­go glad nie sleg ge­prys teen sy me­de­din­gers is nie.

Die Fi­go be­ïn­druk, hoe­wel nie al die as­pek­te van die kar nie, maar die be­lang­rik­stes wel en dan deeg­lik.

Die be­trok­ke mo­del sal vir ver­staan­ba­re re­des nie die top­ver­ko­per in die Fi­go-reeks wees nie.

Die Fi­go het groot­ge­word en die se­dan is eint­lik maar die op­vol­ger van die I­kon, want dit bied pre­sies die­self­de. )

On­der die min­der in­druk­wek­ken­de ag­ter­aan­sig skuil ’n lek­ker ruim kat­te­bak.

Van voor is die Fi­go­se­dan ’n mooi wa­en­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.