Goeie op­lei­ding vir 4x4­ry­ers

Beeld - - Motors - Dirk Jor­daan

Om vrees­loos a­von­tuur­be­laai­de veld­roe­tes aan te pak, verg goeie toe­rus­ting, vaar­dig­heid en self­ver­troue.

Jou beur­sie be­paal die eer­ste een, maar die an­der twee kry jy met on­der­vin­ding en goeie op­lei­ding.

Die I­su­zu Off-Ro­ad A­ca­de­my se aan­vangs­kur­sus is net reg vir nu­we­lin­ge wat ver­al meer self­ver­troue ag­ter ’n 4X4 se s­tuur wil op­doen.

Die baie in­for­me­le kur­sus word maan­de­liks op ’n Sa­ter­dag- og­gend ge­hou. Die a­ka­de­mie is by Ge­ro­tek, dig­by Pe­lin­da­ba by P­re­to­ria, en hul­le ge­bruik dié ge­rie­we en die be­ken­de Hen­nops-veld­roe­te daar na­by. Mo­tors het I­su­zu se be­kwa­me KB 250 D­Teq 4X4 in die og­gend­op­lei­ding­ses­sie ge­bruik. Dié kê­rel met sy hand­rat­kas het heel­te­mal ge­noeg wring­krag om te loop pre­sies waar die gro­ter kna­pe klou­ter.

En nee, jy hoef nie ’n I­su­zu te be­sit om in die ken­nis van die in­struk­teurs, on­der lei­ding van Grant M­cC­le­a­ry, te deel nie.

Jy word nie in ’n klas­ka­mer in­ge­druk nie en kry die in­struk­sie som­mer so rond­om die ag­ter­klap van ’n bak­kie in die veld.

Die be­kwa­me in­struk­teurs ver­tel jou meer van die ver­skil­len­de wy­ses van vier­wiel­aan­dry­wing, die teg­nie­se as­pek­te van die on­der­stel en ve­ring, en hoe om jou ban­de ten bes­te te be­nut. Hul­le gee een­vou­di­ge be­stuurs­wen­ke.

Ver­der is dit heel­tyd speel­tyd. Jy ry in ’n kort kon­vooi deur don­gas en diep wa­ter en teen ’n gruis­be­saai­de hel­ling uit wat met die eer­ste oog­op­slag die vrees van die tien plae in jou sal in­jaag. Maar al­les vind on- der hul wa­ken­de oog plaas.

Vol­gens M­cC­le­a­ry is dit be­lang­rik dat men­se dit moet ge­niet.

Die op­lei­ding is ook i­de­aal vir me­de­be­stuur­ders, wat dalk in nood­ge­val­le of op lang roe­tes ’n be­stuurs­beurt sal moet neem, sê hy.

As al­mal ná mid­dag­e­te by Ge­ro­tek huis toe gaan, glim­lag hul­le in­der­daad breed. En dit is merk­baar hoe tuis hul­le skie­lik ag­ter die s­tuur lyk.

Die kur­sus kos R1 500, al­les in­ge­sluit.

Ska­kel 011 431 2000 vir na­der be­son­der­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.