Ban­de dalk re­de vir ja­ers se val

Beeld - - Motors -

Voor­ban­de wat son­der waar­sku­wing greep ver­loor wan­neer ja­ers te hard om ’n draai druk, het ons waar­skyn­lik Son­dag van ’n ril­ler­ren in die Mo­toGP op die Le Mans-ren­baan in Frank­ryk be­roof.

Goed, Jor­ge Lo­ren­zo (Mo­viS­tar Ya­maha), het heel voor weg­ge­spring, was blit­sig uit die blok­ke en het ’n ste­wi­ge pas aan­ge­gee met geen an­der ja­er wat werk­lik vir hom ’n be­drei­ging was nie.

Dit is eg­ter die stryd om die res van die po­di­um­plek­ke wat die von­ke laat spat het.

Langs Lo­ren­zo was Marc Már­quez (Rep­sol Hon­da) en And­rea Ian­no­ne (Du­ca­ti), met sy span­maat And­rea Do­vi­zi­o­so, Pol Espar­garó (Monster Ya­maha Tech 3) en Brad­ley S­mith (Monster Ya­maha Tech 3) in die twee­de ry.

Die Je­rez-wen­ner van twee we­ke ge­le­de, Va­len­ti­no Ros­si (Mo­viS­tar Ya­maha), was in die der­de ry en moes met die se­wen­de weg­spring­po­si­sie te­vre­de wees.

Kort ná die weg­spring het die twee Du­ca­ti’s en Már­quez se Hon­da hul­le ag­ter Lo­ren­zo tuis­ge­maak met Ros­si wat nog ’n tyd­jie ge­neem het om ver­by die sta­di­ger ver­keer voor hom te vleg.

Die twee Du­ca­ti-ry­ers het me­kaar goed op­ge­keil en ’n mens het ge­vrees hul­le sou me­kaar weer laat val soos in ’n vo­ri­ge wed­ren.

Ian­no­ne se ban­de het greep ver­loor en hy is aar­de toe.

Do­vi­zi­o­so het op­ge­skuif in die twee­de plek, ge­volg deur Már­quez en dan Ros­si in die vier­de plek.

Ros­si het soos ’n mees­ter eers vir Már­quez ver­by­ge­steek en toe vir Do­vi­zi­o­so.

In die der­tien­de ron­de het Do­vi­zi­o­so en Már­quez ge­lyk­ty­dig ge­val son­der dat hul­le aan­me­kaar ge­raak het.

Dit het soos ge­sin­chro­ni­seer­de swem ge­lyk.

Do­vi­zi­o­so het ná die tyd ge­kla die voor­ban­de gee geen waar­sku­wing wan­neer hul vas­klou­li­miet be­reik word nie en dan ge­beur die on­ver­my­de­li­ke.

Voor het Lo­ren­zo eg­ter soos ’n wa­re kam­pi­oen ge­jaag en ’n groot ga­ping op­ge­bou met Ros­si wat vei­lig in die twee­de plek was, nou son­der ’n be­drei­ging van Már­quez of Do­vi­zi­o­so.

Die guns­te­lin­ge se on­ver­wag­se val­le­ry het be­te­ken dat Su­zu­ki ook hul eer­ste po­di­um­plek ge­kry het met Ma­ve­rick Viña­les wat der­de oor die wen­streep was.

Da­ni Pe­dro­sa op die an­der Rep­sol Hon­da was ou­der­ge­woon­te vier­de oor die wen­streep.

Die “slag­ting” op Le Mans be­te­ken ook dat Lo­ren­zo die voor­tou by Már­quez in die kam­pi­oen­skap oor­ge­neem het.

Lo­ren­zo het nou 90 pun­te, vyf pun­te meer as Már­quez, met Ros­si wat na­der­ge­skuif het en nou met 78 pun­te in die der­de plek is.

) In die Mo­to3-klas van die reeks het die Suid-A­fri­ka­ner Brad Bin­der vir die twee­de keer in ’n ry die wen­vlag op sy KTM ge­kry.

Hy het met die oor­win­ning ook sy voor­sprong in die klas ’n goeie hup­stoot ge­gee.

Bin­der het nou 102 pun­te teenoor sy naas­te me­de­din­ger, die S­pan­jaard Jor­ge Na­var­ro, wat op 78 staan.

Fo­to: MO­TOGP.COM

Suid­A­fri­ka se Brad Bin­der loop Son­dag voor op Le Mans in die Mo­to3­klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.